9 maande gelede
Gemoedere hoog voor halfeind
Moerig: Ole Gunnar Solskjær, die manager van United, is nie juis beïndruk deur Frank Lampard se uitlatings nie.  ~ Getty Images

DIE vet is behoorlik in die vuur weens die uitlatings van die twee managers in vandag se FA Cup-halfeindstryd tussen Chelsea en Manchester United.

Vandag se tweede FA Cup-halfeindstryd word vanaf 19:00 op DStv se kanaal 203 uitgesaai.

Manchester City en Arsenal was in gister se eerste halfeind in aksie. Die wenner was teen druktyd nog nie bekend nie.

Die emosies vir vandag se semi loop egter hoog nadat Frank Lampard, Chelsea se manager, gesê het Manchester United word deur die TV-skeidsregter (VAR) voorgetrek as dit by strafskop beslissings kom.

Geluk

Lampard en sy Chelsea-span het al drie keer dié seisoen teen United verloor. Twee keer in die Engelse Premierliga en ook in ’n kwarteindstryd van die Carabao Cup.

Ole Gunnar Solskjær, United se manager, het oor Lampard se uitlatings gesê: “Ek hoor mense sê ons ry ons geluk, maar gaan kyk na die feite van die beslissings – ek wil nie soos ’n ander manager klink wat al oor feite gepraat het nie. As jy onkant is, is jy onkant en dis dit.”

Solskjær het die voorbeeld gebruik van hul vorige ligawedstryd teen Tottenham Hotspur toe ’n duidelike strafdoel vir United nie toegeken is nie, en United met ’n gelykop uitslag tevrede moes wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters