2 maande gelede
Druk is meer op Man-U – Rodgers
BRENDAN RODGERSFoto’s: GETTY IMAGES  ~ 

LEICESTER City jag Champions League-sokker, maar Manchester United het dit nodiger.

Dis die siening van City se manager, Brendan Rodgers, voor vandag se “winner takes all”- Premier­liga-wedstryd in die King Power Stadium.

Die Foxes, soos Leicester bekend staan, het verseker gelyk van kwalifisering vir Europa se mees gesogte klubkompetisie.

’n Rampspoedige vertoning sedert die liga ná die onderbreking weens die pandemie hervat is, beteken hulle moet nou catch-up speel.

Die vyfde geplaaste Leicester is een punt agter United en Chelsea (albei 63 punte), wat onderskeidelik derde en vierde is.

Dis is waarom Rodgers-hulle die Red Devils vandag móét klop om volgende seisoen deel van Europa se elite te kan wees.

Rodgers meen dit sal steeds ’n goeie seisoen vir hulle wees ondanks hoe sake vandag uitspeel.

Die voormalige Liverpool en Celtic manager sê die verskil in verwagtinge tussen die twee klubs beteken daar sal meer druk op United wees in vandag se crunch match.

“Die verskil is dat ons in die Champions League wil wees, maar vir ’n klub soos Manchester United is daar ’n nood om in die Cham­pions League te wees,” sê Rodgers.

“Vir seker wil ons daar wees, maar as ons te kort skiet, sal dit steeds ’n goeie seisoen vir ons wees,” voeg Rodgers by.

Intussen sal Ole Gunnar Solskjær (manager) se United-span, wat laas seisoen sesde geëindig het, beslis ál sy eiers in een mandjie gesit het vir die crunch match

Rodgers sê hy sien uit na ’n stryd van dié grootte omdat dit een van die grootste wedstryde sal wees sedert hy die leisels by Leicester oorgeneem het.

“Ek was betrokke by finals en stryde wat oor twee bene gespeel is, waar dit vir jou alles beteken.

“So, die situasie is niks nuuts vir my nie.

“Dis baie opwindend,” voeg Rodgers by. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters