2 maande gelede
Dis all or nothing vir Aston Villa
DEAN SMITHFoto: GETTY IMAGES  ~ 

DEAN Smith, Aston Villa se manager, reken dis “all or no­thing” vir hul geveg om oorlewing in die Premierliga.

Villa reis na die London Sta­dium vir hul laaste Premierliga-wedstryd van die seisoen teen West Ham.

Villa se sege van 1-0 oor Arsenal in sy vorige stryd beteken sy lot is in sy eie hande.

Maar Smith-hulle móét vandag se stryd ook wen om hul Premierliga-status te verseker.

Volgens Smith verwag hy geen gunsies van enige van die spanne in die liga nie.

“ ’n Paar weke gelede het dit heel onwaarskynlik gelyk,” het Smith gesê.

Beheer

“Maar ons het wedstryde gewen en ander uitslae het in ons guns verloop.

“Die belangrikste ding is om bo die stippellyn te eindig ná vandag se wedstryd.

“Ons hele fokus is om West Ham te klop – dis all or nothing.

“Ons kan ook nie aan ander wedstryde dink nie, want ons is nie in beheer daarvan nie. Maar ons sal beslis kennis neem van die situasies wanneer ons game so 10 of 15 minute speeltyd oor het.”

Villa het reeds ’n knou weg oor sy sterspeler Ahmed Elmohamady die wedstryd misloop weens ’n dyspierbesering. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters