9 maande gelede
Brumbies fnuik Tahs tuis
PUNTE: Die Waratahs se Tom Horton kuier gister agter die doellyn.  ~ GETTY IMAGES

’N DRIE laat in die wedstryd deur Issak Fines, die reserwe-skrumskakel, het die Brumbies ’n oorwinning van 24-23 oor die Waratahs in Sydney besorg.

Die Brumbies het vier drieë teenoor die Waratahs se twee gedruk en uiteindelik verdien om te wen.

Die pakke voorspelers het mekaar voorlangs laat klippe kou – ’n aanduiding hiervan is die feit dat daar aan albei spanne drie strafskoppe ná skrums toegeken is.

Die Tahs se kaptein en slot, Rob Simmons, was indrukwekkend, terwyl die haker Tom Horton ’n goeie vertoning afgerond het met ’n drie.

Momentum

Fines se breekslag was die laaste spyker in die Tahs se doodskis.

Die Brumbies het vroeg reeds momentum gehad en byna elke strafskop na die kantlyn geskop om ’n lynstaan af te dwing, eerder as om na die pale te skop vir drie punte.

Puntemakers:

BRUMBIES – drieë: Thomas Cu­sack, Folau Fainga’a, Rob Valetini, Issak Fines; doelskoppe: Bayley Kuenzle (2).

WARATAHS – drieë: Tom Horton, James Ramm; doelskoppe: Will Harrison (2); strafdoele: Harrison (3).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters