2 maande gelede
Brumbies baas in flou stryd
OOR DIE VOORDEELLYN: Irae Simone­ was gister een van die Brumbies se vier driedrukkers.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE Brumbies het die Western Force gister in Sydney maklik met 24-0 geklop.

Die Superrugby AU-wedstryd sal beslis nie lank onthou word nie en is gekenmerk deur talle hanteer­foute en bra vervelige rugby.

Die Brumbies was gans te sterk vir die Force en het reeds ná 90 sekondes hul eerste drie gaan druk toe Tom Wright, die linkervleuel, oorgeval het ná goeie aanvalswerk deur die manne van Canberra.

Die Brumbies het kort daarna wéér ’n langafstand-drie gaan druk en was eintlik nooit in die wedstryd onder enige druk nie.

Twee verdere drieë in die tweede helfte deur Will Miller en Connal McInerney was die enigste aksie in ’n andersins oninspirerende stryd.

Die Brumbies behou dus hiermee hul eerste plek op die Superrugby AU-punteleer. Hulle kom volgende naweek teen die Reds te staan.

Puntemakers:

FORCE – drieë: Tom Wright, Irae Simone, Will Miller, Connal McInerney; doelskoppe: Bayley Kuenzle (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters