Verlede jaar
Sal die cops kan uitfigure wie die oues so teiken?
 ~ 

AWÊH, Sonlanders! Vandag plaas ons ’n nuwe kortverhaal uit die pen van KEITH MEYER. Hy noem dié een “Saal 10”.

DAARDIE oggend wemel dit van polisiebeamptes in blou en speurders.

Iets moes by die plaas­like hospitaal gehappen het, want nog nooit was almal by hierdie pragtige en skoon hospitaal so nuuskierig nie.

Die hele bestuur van die hospitaal staan ook rond. Dan kom die forensiese span daar aan. Hulle gaan direk na Saal 10. Dit is daar waar iets gebeur het.

Dis duidelik dat hier nie die gewone “dood deur natuurlike oorsake” op die pasiënt se doodsertifikaat geskryf gaan word nie.

Sowat ’n uur later kom die forensiese span uit met ’n liggaam wat toegedraai is. Die joernaliste sak soos aasvoël op die toneel toe.

Die next dag loop die streekkoerant met die nuus: “Pasiënt in hospitaal versmoor. Misdaad word vermoed.”

Die hospitaal se bestuur krap kop. Joe Niemand, die hoof van die hospitaal, roep die sekuriteit en die span wat daardie aand gewerk het, bymekaar.

Hy sê: “Dis duidelik dat ons hier met ’n inside job te doen het. Wat ons nie weet nie, is wat die motief is om ’n bejaarde vrou te vermoor.

“Volgens Saps se voorlopige outopsie is sy aan versmoring dood.

“Óf iemand het haar met ’n kussing vermoor óf iemand het die ventilator afgesit.

“Dalk het iemand die ventilator se pype uitgetrek. Ons sal ons sekuriteit moet verskerp.”

Sharp Security, die security company wat die hospitaal huur, gaan die beeldmateriaal van die sekuriteitskameras na. Nie een kan wys wat daardie aand in Saal 10 gebeur het nie.

Dít laat die raaisel van Saal 10 verder verdiep.

Die cops beskou nou almal wat daardie aand gewerk het, as moontlike verdagtes. Maar die motief laat hulle kopkrap.

Kapt. Connor September, hoof van die plaaslike speurdiens, moet weer ’n span saamstel om die dood van die bejaarde, nou twee weke tevore, te ondersoek.

Dan, presies om middernag op die aand van die 17de, kom nog ’n suster gil-gil uit Saal 10. Al die securities en nurses aan diens stroom in die gang af na die saal.

Niemand kan dit glo nie: Nog ’n bejaarde in Saal 10 is vermoor.

Die modus operandi is presies dieselfde. Weer is ’n persoon versmoor wat aan ’n ventilator gekoppel was. Weer word die cops ingeroep en die liggaam verwyder.

Kapt. September begin ’n intensiewe ondersoek na die twee moorde. De laaste persoon wat in die saal was, word ondervra.

Die verpleegpersoneel bewe. Die security company worry hulle gaan hul kontrak verloor.

Die tonge is los toe kapt. September vir Niemand, die hospitaalhoof, inneem vir ondervraging.

Kan dit hy wees? Wat sou sy motief wees? Niemand is iemand wat bekend is vir sy liefde vir bejaardes, want hy kyk al meer as 10 jaar na sy bejaarde ma.

“Hy sal dit nooit doen nie. Die polisie is hier in vir wederregtelike arrestasie.

“Niemand gaan hulle sue. En hulle het nie bewyse nie,” klap die tonge in die gange van die hospitaal.

Niemand weet wat met Niemand gaan gebeur en of hy daardie aand in die polisie se selle gaan deurbring nie.

Maar ná deeglike ondervraging word Niemand vrygelaat. Niemand was nie ten tyde van die moorde op die hospitaalperseel nie.

Volgens hom kan sy bejaarde ma getuig dat hy by die huis was, besig om haar te versorg.

Die Maandag roep Niemand die staff byeen. Hy sê: “Ek wil dit duidelik stel: Die skindery by dié plek het gemaak dat ek so verneder moes word dat ek ingeneem is vir ondervraging. Die geskinder het gemaak dat my bejaarde moeder ’n knou gekry het. Haar gesondheid het beslis die afgelope twee dae aansienlik agteruitgegaan. En die skinderbekke staan hier voor my.

“As my ma iets oorkom, sal dit gesmeer word op die brood van almal wie se bek so los is en wie se tong so lank is. Mag jul gewete julle self aankla.”

Kort voor lank word Niemand se bejaarde ma, ouma Siena, ook in die hospitaal opgeneem.

Toe smaak Niemand niks lekker nie. Die staff word behoorlik op hul hel gespeel. Hulle dans behoorlik rond soos Niemand die kitaar slaan.

Die security word verskerp. Die kameras word van voor af opgestel en die computer se video memory word skoongevee dat dit als kan opneem.

“As iets met my ma moet happen, gaan ek die hele skof fire wat daai tyd werk. Geen dissiplinêre verhore nie. Ek is ’n outokraat as dit by my ma kom. Sy is ál wat ek het. Sonder haar is my lewe leeg.

“Ek het g’n vrou of kind of kraai nie. Weet net: Julle gaan na jul familie verlang as ek met julle klaar is!” bulder die lang man met die dik swart snor in die staff room.

Kapt. September besluit om een van sy eie manne voor die ingang van die hospitaal te laat stelling inneem. Hy is vasbeslote om te keer dat nóg ’n moord plaasvind.

“Ek is vas oortuig dat ons hier met ’n serial killer te doen het. En ek is op die punt om ’n break­through te slaan.

“Dis net ’n kwessie van tyd. Wanneer die killer weer sy luck try, gaan ons hom aankeer,” laat die skerp kaptein hoor.

DIS besoektyd. Dis donker, want dis al winter. Die besoekers kom en gaan. Hul name word neergeskryf in die besoekersboek. Veral die visitors in Saal 10 is onder scrutiny, want die belangrikste pasiënt lê in die gevaarlikste saal.

Daardie aand gebeur niks nie. Niemand se ma is nog safe. Al die ander pasiënte in die saal is ook steeds safe.

Die staff slaak ’n sug van verligting. Maar kapt. September en sy boys rus nie, want hulle weet die serial killer gaan die een of ander tyd weer sy luck try.

En dis toe nes kapt. September se voorgevoel hom gelei het.

Dis weer besoektyd. Almal moet weer, soos gewoonlik, in die groot besoekersboek inteken.

Die security is wake-up. Saal 10 word streng bewaak.

Dan, die volgende oggend, skreeu die suster aan diens: “Help! Help!” Die hele staff, securities en ál slaan toe op Saal 10.

Niemand se ma haal nie meer asem nie. Die suster in bevel bel Niemand dadelik.

Dan kom kapt. September by die hospitaal aan. Hy is doelgerig en stroef en kyk net voor hom uit.

Wat hy toe doen, slaan die hele staff stom. Dis die laaste ding wat almal van hulle verwag het.

In hul wildste drome sou hulle nie Saal 10 se probleem so gesien ontvou het nie.

“Mnr. Niemand, ná deeglike ondersoek het ek afgekom op selfoonboodskappe waarin jy aan jou gay lover geskryf het dat julle binnekort sal kan trou. Dat jy die voorwaarde van jou lover nou kan nakom.

“Volgens die messages was dit jou lover se voorwaarde dat jy van jou ma ontslae moet raak voordat julle kan trou.

“Ek het laas nag jou huis bewaak. Toe jy om middernag uitgaan, toe weet ek! Dit is die tyd dat die ander twee bejaardes vermoor is. Ek arresteer jou nou ook vir die vorige twee moorde.”

  • Verskeie nurses kap om toe hulle dít hoor. Hoe kon Niemand so wreed wees? Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters