2 jaar gelede
Lekker tye lei tot ‘minder lekker tye’
oom sonnie
Geseënde Kersfees  ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag plaas ons ’n korte uit die pen van KEITH MEYER. Hy noem dit “Die Noodlot”. Lekker lees!

DR. SAREL Prins is die enigste algemene praktisyn in die dorpie Soekmekaar. Die dorpie met sy sowat 3 000 mense het die hoogste agting vir hom. Vir hulle kan hy enige siekte genees, soos ’n superhero van medisyne.

Dr. Prins en Gartie, sy lewensmaat van tien jaar, het die allermooiste seuntjie, die driejarige Blake, sy ma en pa se oogappel. Hulle dra die seuntjie op die hande en noem hom “ons vegtertjie” en “die geskenk van Bo”.

Gartie is ’n gekwalifiseerde maatskaplike werkster en die lot van die mense in die dorp is ook haar verantwoordelikheid.

Die egpaar het ’n bedrywige skedule, maar skeep mekaar nooit af nie.

“My spreekkamer is weer vandag ’n miernes van bedrywighede. Die mense is chronies siek,” sak Dr. Prins daardie aand aan die etenstafel af terwyl die driestuks hulle tamatie-stew geniet.

“Gelukkig het ek die beste sekkie in die land. Sy bestuur my dagboek fantasties. Die werk put ’n man nogal uit.”

Blake het sopas ál sy kos opgeëet en is weer op sy mini motorbike wat hy op sy tweede verjaardag as geskenk van hulle huisvriend Koos gekry het. Die motorbike is Blake se main speelding.

Vir Gartie is die dae maar emosioneel: “Die mense suffer ’n helse hou. Ek wens baie dae dat ek die jackpot kan wen om mense van armoede te verlos.

“Vandag was ’n tranetrekker toe ek ’n kind van sy ma moes verwyder. Oorlat sy nie meer in die kind se behoeftes kan voorsien nie. Werkloos. Nie ’n dak oor die kop nie, maar haar hart was vol liefde vir daardie kind ...

“Ek wens ek en jy, Sarel, kon vir álmal werk gegee het.”

Weeksaande maak dr. Prins en Gartie tyd vir mekaar. Hulle enjoy hulle tyd in die bed, want bedags sien hulle mekaar net soggens en dan weer 18:00 as hulle uitval. Nie een van die twee gee om om overtime te werk nie. Community slaves, noem die egpaar hulself.

Maar naweke nooi hulle graag vriende oor en gooi behoorlike paarties waarna net die top class van society ge-invite word.

Blake het die beste nanny wat na hom omsien. Daar is mense op die party list wat al soos furniture geword het by die Prinse se paarties. Die beste wyne en kos is volop en die music vat ammil na ’n next level by elke paartie.

Tog is daar, soos in elke high society, bollie wat soms onder die surface aangaan. En gossip is deel van dié hele move. Of daar nou proof is vir die stories of nie.

En die laaste ses maande is die gossip mill veral besig met Gartie.

Vir die los tonge is dit Gartie en Koos, die mechanic, wat glo net te veel in mekaar se geselskap is. Veral omdat Koos soms ook vir Gartie by haar office gaan kuier as dr. Prins hospitaalrondes doen of in die teater besig is met operasies.

Gartie en Koos geniet mekaar se geselskap, min te wis van al die skinderbekke se Romeo en Juliet-gedagtes.

“Ek geniet jou geselskap te midde van ’n busy schedule. Dis soos ’n klein breakaway van die lot van my kliënte,” sê Gartie vir Koos.

“Ek laaik die way wat jy my laat relax. Sarel is soms so net te moeg.”

Koos, die hubaarste vrygesel in die dorp, is onder girlies en staan bekend as ’n player wat kan kies onder die mooiste jong girlies in die dorp. Maar vir hom is Gartie die main attraction, al is sy ’n MW – ’n married woman.

Menslike emotions laat nie met hulle speel nie. Nie waar twee sulke aantreklike mense in die comfort van ’n office of selfs die Prinse se huis ure alleen is nie.

En kort voor lank het dié twee die vurigste, stomendste relation­ship wat selfs Tom Jones sou laat bloos het. Maar Koos en Gartie vat nie kanse sonder voorbehoedmiddels nie. Hulle gebruik net die beste op die mark.

“Kom ons gaan dié naweek ’n bietjie see toe,” sê dr. Prins vir Gartie. “Dit sal great wees, want ek need ’n wegbrekie.”

Sy is ook maar bly, want sy besef sy tart die noodlot met Koos die mechanic. Sy sal nooit haar rykvrou-lewe verruil vir Koos se olie-hande en swart naels nie.

Maar dan vra dr. Prins: “Ek wil ook bietjie visvang en Koos is ’n kaai-hengelaar. Kan hy net vir die Saterdag oorkom?”

Gartie skrik so groot dat sy stik aan haar glas gin. “Ag, ons kon beter alleen gedoen het, maar laat hom maar inloer.”

Daai naweek gebruik Gartie en Koos elke geleentheid om ’n lekker quickie te vang. Weer maak hulle dubbel seker dat hulle die beste voorbehoedmiddels – kondome en pille – gebruik. Gartie maak selfs dubbel seker en drink elke oggend die morning after pill.

Arme dr. Prins is salig onbewus van die twee se matras-exercises.

Dis die week voor Easter toe Gartie een oggend naar voel. Drie weke later sak sy inmekaar by haar kantoor. Dr. Prins dink sy vrou is seker maar uitgeput en boek haar af om te rus.

Maar Gartie ry eers na ’n ander dokter vir ’n tweede opinie.

Dan kry sy nuus: “Geluk, mev. Prins! U is reeds drie weke swanger!” sak die tweede dokter glimlaggend af.

Gartie raak half flou voordat sy uiter: “Dit kan nie wees nie. Hoe seker is u?”

Die dokter voer nog ’n toets uit. Die resultate bly positief.

Sy troos haar onmiddellik dat dit nie Koos se kind kan wees nie, want hulle het nog klokslag voorbehoed gebruik. Sy sou nooit die noodlot só challenge nie.

Gartie is tog effe opgewonde by die idee om weer mamma te word. Sy moet nou haar man, Sarel, gaan inlig.

Sy wonder hoe hy die nuus gaan vat, want hy wou nie meer kinders hê nie.

Daardie aand, nadat hulle weer oudergewoonte liefde gemaak het, gaan stort sy om af te koel.

Sy dink hoe sy vir Sarel gaan vertel, want hy het altyd gespog Blake gaan die enigste erfgenaam van hulle miljoene wees. Sy besluit om eerder die volgende oggend die nuus te breek, want Sarel is soggens altyd in ’n opgewekte bui.

Die volgende oggend ná brekfis vat sy Sarel om die nek, staan agter hom en sê: “Sarel, ek het goeie nuus. Daai dogtertjie wat ek so graag wou hê, is in my baarmoeder! Jy gaan weer pa word!”

Sarel smyt sy bord dat dit in ’n duisend stukkies spat.

“Hoe de hel is dit moontlik?!” bulder hy. “Weet jy ek het ’n vasektomie gehad?! Ek is gesteriliseer! Ek het my laat toe maak sodat ek nie meer kinders kan maak nie. Die metode is 100% betroubaar en uitgevoer deur die beste uroloog in die Wes-Kaap! Wéét jy wat dít beteken?!”

’n Spierwit Gartie is stomgeslaan en skree: “Moenie jokes maak nie! Moenie my vir ’n hoer vat nie! Dis jóú kind!”

Dan haal Sarel die sertifikaat uit wat bevestig dat hy nie meer kinders kan maak nie.

Gartie storm kamer toe en sluit die kluis oop waarin Sarel se gun is. Sy storm die kombuis binne en skiet Sarel in die kop.

Dan druk sy die vuurwapen teen haar kop ... en trek die sneller.

  • Die einde.

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters