Verlede jaar
Die spaza trip is nie ’n patch op
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag plaas ons die eerste deel van ’n kortverhaal in drie aflewerings. Die skrywer, JASMINE UYS, noem dit “Die Wrede Werklikheid”. Lekker lees!

‘AS-SALAMU alaikum, Baai.”

“Wa ‘alaikum s-salam, Whanie.”

“Baai, het Baai niks da’ virrie maagie?”

“Djy moet ’n slag gaat werk vir djou vi’ iets virrie maag, Whanie!”

“Baai, gie my net ’n job, dan sal ek met pleasure werk vi’ my vi’ iets vi’ my maag!”

“Dja, djy praat te viel! Kom, hiesa is ’n brood en polonie vi’ djou!”

“Shukran, Baai. Allah sal djou bless met baie kinners!”

Whanie stap fluit-fluit weg, terwyl Baai knorrig verder werk. Richard kom die winkel stadig binne.

“Ja, Baai, da’ is nowadays meer beggars as werkers, nè? Wa’ is die government se promises van ’n better life for all? Hulle bribe net die mense met hul promises. Once hulle in is, is dit goodbye, Meraai! Als net empty promises!”

“Dis nes djy da’ sê, Richard. En hulle is almal dieselfde. Dis why ekkie weer ga’ vote nie. Kyk hoe moet ons almal struggle!”

“Net so, Baai. Gee my ’n 60 watt globe? ’n Mens kan nie ’n sterker een vat nie, dan charge Eskom weer jou ore van jou kop af!”

“Sorry, Richard, my globes is kapoet. Ek moet nog order.”

“Hoekom het ek ’n winkel oorkant my huis as hier nooit goed is nie? Baai kan mos ma’ toemaak!”

“Djy sallie hardste huil as ek moet toemaak, Richard!”

“Gmf! Dit sallie dag wees! Hie’ is dan nooit iets’ie!”

Verontwaardig stap Richard uit. Richard deel sy huis met sy ma, Riena, suster, Joan, en broer, Cyril.

Sy ma is voor die stoof besig toe hy inkom.

“Mams, ek gaan gou na die spaza in die next pad. Baai hettie globes nie. Vi’ wat hy nog ’n winkel het, gaat my verstand te bowe. Hy kan ma’ toemaak! Hy’t nooit niks! Ek’s nou terug.”

“Dis oukei, my kind. Wees net versigtig. Dis wel stil hier rond, ma’ ’n mens kan nie te versigtig wees nie.”

Richard is so 10 treë van die winkel toe hy iemand hoor skree: “Help! Help! Hulle rob my!”

Die gille kom van ’n sypad langs die spaza. Hy hardloop daarheen.

Hy is net betyds om te sien hoe hulle ’n vrou se handsak gryp en selfs haar earrings afhaal.

“Hei! Wat de duiwel doen julle?”

Die twee skurke skrik toe hy aangehardloop kom. Hulle stamp die vrou weg en kies die hasepad.

Richard buk oor die vrou en help haar op. “Het u seergekry, Mevrou?” vra hy besorg.

Die vrou snik onbedaarlik. “Die fisieke seerkry is niks; ek kan dit handle. Maar hulle is weg met my laaste kosgeld en my trouringe.

“My ringe was meer werd as geld, want dis ál wat ek oorgehad het van my oorlede man. Ek was so heilig daarop, en nou’s dit weg – my enigste memory van my man!”

Sy begin weer snik. Richard sit sy arm vertroostend om haar. “Kom, ek sal saam met u na die polisiestasie gaan.”

Sy skud haar kop heftig. “Wat’s die use ’n mens gaat gee die saak aan? Die culprits word nooit gevang nie.”

“Kom ons gaan in any case; ’n mens weet nooit.”

Hy haal ’n R100-noot uit sy sak en hou dit na die vrou toe uit. “Hier, Mevrou, miskien kan u hiervan brood en melk koop?”

Sy vat die geld dankbaar en druk dit voor by haar bors in. “Baie dankie, my kind. Die Here sal jou baie seën.”

By die aanklagkantoor kyk die polisieman traag op toe hulle inkom. Hy luister na hulle, maar dit lyk of hy nie regtig belangstel nie.

Hy kyk skaars op van waar hy besig is om te skryf. Kop onderstebo vra hy die vrou: “Mevrou, het u enige van die rowers herken?”

“Nee, Sersant. Dit het te vinnig gebeur en dit was al sterk skemer.”

“Wat het hulle aangehad? Was hulle lank, kort?”

Die vrou skud haar kop. “Hulle was altwee lank, maar ek kan nie mooi onthou nie.”

“Mevrou, ek’s bevrees as u nie vir ons ’n volledige beskrywing van die rowers kan gee nie, is daar maar min wat ons kan doen.”

Die vrou vererg haar.

“Sersant, ek weet nie hoekom ek nog my tyd hier kom mors nie. Ek wonner hoekom da’ nog polieste is! Die culprits kom weg met murder. G’n wonner al hoe meer mense vat die law in hul eie hande nie!”

Die sersant kyk haar moeg aan. “Mevrou, dissie ons skuld dat die justice system corrupt is nie. Ons werk ons in ons tjops om mense soos u veilig te hou, maar ons het te min mannekrag, ons is oorwerk en ons word te min betaal. Dan kom die culprits nog gou uit op parool, of hulle kom uit oor te min evidence, en ál ons harde werk is down the drain!”

“Wel, Sersant, next time as ’n jong my rob, skiet ek hom in sy kanon! Ek sal die law in my eie hande vat en die werk sodoende vir julle ligter maak.”

“Mevrou, u kan nie ...”

“Tot siens, Sersant.”

Die vrou swaai om en storm by die deur uit, met Richard agterna.

“Bly u ver van hier, Mevrou?”

“Nee, kind, dis net om die draai. By the way, ek’s Hettie Smit.”

Richard steek sy hand uit. “Bly te kenne. Ek’s Richard. Kom ek stap saam met u, net om seker te maak daai skobbejakke is nie meer hier rond nie. ’n Mens kan nie te versigtig wees nie.”

“Baie dankie, my kind. Ek wens daar was meer mense soos jy, want dan sou die wêreld ’n beter plek gewees het.”

Richard se ma kyk hom verbaas aan toe hy instap. “En toe, wa’ bly djy so lank? En wa’ issie globe wat djy moes koep?”

“O, gaats! Ek’t skoon vannie globe vergiet! Ag wat, ons pretend ma’ net dis weer load shedding en brand ma’ kerse.

“Gelukkig het ons oorgenoeg daarvan. Ek sal môre sommer by Shoprite ’n paar globes ga’ koep.”

Richard vertel sy ma vlugtig wat gebeur het. Sy luister aandagtig en sug dan. “Ai, ja, wat word van ons mooi land? Da’ is niks meer law en order en justice nie.

“Almal maak net soos hulle wil. Cyril moet ôk end kry met hom se laat rondlopery. Ek praat so baie met hom, ma’ hy hoorie!

“Tye is bad; ’n mens kan niemand nie trust nie!”

Toe Richard die gordyn toetrek, merk hy die winkel se ligte brand.

Hy frons. “Hoe lyk dit my Baai is nog in sy winkel? Die deure is toe, ma’ hy is binne. Dis nie die eerste keer dat dit gebeur nie.”

“Ag wat, miskien is hy besig met stocktaking? Hy’t hoeka nooit niks in sy winkel nie.”

“Miskien, ma’ ek wonder tog?” voeg Richard half ingedagte by.RICHARD is die volgende oggend op pad werk toe toe ’n kar by hom stop.

Hy kyk gesteurd op, maar glimlag dan breed.

Dis sy vriend Stevan, wat ’n tydjie tevore Gauteng toe is.

“My tyd, Stevan. Dis nou ’n surprise! Wat maak jy hier?”

Stevan glimlag net so breed. “Ou Richard! Hop in, dan gee ek jou ’n lift en dan gesels ons.”

Richard klim in en kyk afwagtend na Stevan. “Ek is terug in die Mother City. Ek het te veel verlang en moeg geword vir al die hijackings, protests, crime en goed, toe kom ek ma’ terug. Ek werk by ’n armed-response company.”

“Man, ek’s so bly jy’s terug! Ons moet ...” Voordat Richard sy sin kan klaarmaak, hoor hy net: “Get out of the car! Move! Out!”

Richard skrik hom yskoud toe hy die gun teen Stevan se kop sien en een teen sy kop voel. Instinktief gryp Stevan sy gun en skiet die robber terwyl hy die knoppie vir Richard se venster druk.

“Over my dead body!” gil Stevan terwyl hy verwoed oor die rooi verkeerslig jaag.

  • Lees volgende Sondag verder

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters