3 maande gelede
Virus: ‘volg die riglyne’
siek: Die Suid-Afrikaanse rapper AKA is ook positief getoets vir die corona-virus. Foto: Twitter  ~ 

DIE local rapper AKA (32) is positief getoets vir die gevreesde corona-virus.

Die veelbekroonde ster, wie se regte naam Kiernan Forbes is, het die nuus Vrydag in ’n persverklaring bekend gemaak.

AKA het gesê hy deel sy uitslae met die publiek om bewusmaking te skep.

In die verklaring, wat die pa van een ook op sy sosialemedia-platforms gepost het, sê hy hy sal later sy Covid-19-reis met sy fans deel.

Hy vra mense ook om ag te slaan op die maatreëls wat die regering aan ons gestel het.

“AKA pleit by almal om ag te slaan op social distancing guidelines. Dra jou masker en hou streng by die higiëniese riglyne,” lees die verklaring.

Word gou gesond, Supa Mega!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters