4 maande gelede
Twee families ingehok vir tjieng

DAAR is ’n splinternuwe show wat jou op die punt van jou stoel gaan laat sit.

Twee families gaan vanaf 10 Junie meeding vir die publiek se stemme terwyl hulle vir amper twee maande in kwarantyn gaan moet leef. Die wenfamilie sal aan die einde van die show R250 000 in die sak steek.

Dié show, Kwarantyn, gaan vanaf Woensdag 10 Junie sy eie spesiale opwipkanaal op DStv se kanaal 149 kry vir Premium- en Compact PLUS-kykers. 

nuut: Die Le Roux’s gaan deel wees van Kwarantyn. foto’s verskaf

Punte 

Jy kan hope drama, pret en manewales verwag wanneer hierdie twee families met mekaar moet huishou terwyl hulle ook alles in hul vermoë doen om die kykers se harte te wen.

Elkeen van die families sal in ’n nuwe huis intrek en langs mekaar woon. Nie net moet hulle vir twee maande saamleef nie, maar hulle sal ook teen mekaar meeding deur, onder meer, followers in die sosiale media te probeer werf en elke aand ’n speletjiesuitdaging teen mekaar te speel vir punte.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv se kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut lange hoogtepunteprogram (maar Woensdae is dit ’n 48 minuut lange program om 20:00) op kykNET, DStv se kanaal 144, uitgesaai word.

Ek sal julle in die week meer inligting oor die twee families gee, asook die opsigter wat die show sal aanbied.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters