6 maande gelede
Trek jou juigskoene aan vir Seuns
Manne van God: Jonathan Rubain (heel links) en die res van die lede van Seuns van Sion – Kurt Coetzee, Roland Miggels en Colin Mitchells.  ~ Verskaf

DIÉ week gaan julle ’n lekker bederf van die gewilde gospel boy band Seuns van Sion op Koortjies saam met Jonathan Rubain kry.

Die aanbieder van dié gospelprogram is een van die lede van dié groep, wat tans groot naam maak in die gospelbedryf.

Hy is die eerste gospelkunstenaar wat dit reggekry het om ’n uitverkoopte konsert in GrandWest te hou. Hy verduidelik hoe die groep ontstaan het.

“Ek het daaraan gedink om ’n boy band te stig. Daar is nie meer boy bands in Kaapstad of in die land wat in die gospelbedryf is nie.

“Ek het daaraan gedink om vier kunstenaars bymekaar te bring. Vier mense wat kunstenaars in eie reg is.

Grapjas

“Dit is ek, dan is daar Roland Miggels, wat ’n welbekende gospelkunstenaar is in Kaapstad en die Oos-Kaap, waarvandaan hy kom.

“Uit die hele groep is hy die mees energieke een en hy is die grapjas.

“Dan is daar Colin Mitchells. Hy is ’n voltydse onderwyser in Malmes­bury. Kurt Coetzee is ’n voltydse wetstoepasser en ’n briljante sanger. Hy is die jongste onder ons.”

Trek vanaand jul juigskoene aan, want die Seuns van Sion gaan jou lekker laat koordans voor die kassie. Koortjies met Jonathan Rubain is vanaand 18:00 te sien op KykNET & kie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters