4 maande gelede
Ruby Rose is klaar met ‘Batwoman’
KLaar gebat: Batwoman se lead gaan verander.Foto: theseriesregulars.com  ~ 

DIÉ series het nogal ’n lang lys “firsts” gehad.

Batwoman om presies te wees. Let wel, nie “Batgirl” nie, want dis te... wel, girly. En dan kom sy as ’n sidekick vir die man homself oor.

Batman was glad nie te sien nie en Ruby Rose, die lead, het basies gat geskop. Batwoman is openlik gay. En daar was hier en daar ’n bietjie lesbian action. Ruby is mos in die regte lewe ook openlik gay.

Die hele eerste seisoen van die reeks is basies ’n loud ’n proud statement vir die LGBTQ+ community.

Maar nog ’n first: Ruby het aangekondig sy loop ná die eerste seisoen. Iemand anders sal dus die lead moet oorvat.

Volgens Variety het die girl ... ekskuus, vrou, geloop omdat die lang ure tot issues op die stel gelei het.

Maar Ruby se eie statement in die social media werp nie juis lig op die saak nie: “Dit was nie ’n maklike besluit nie, maar dié wat weet, weet.”

Stories

Anyway, die gossip sites was wel vol stories dat die series in groot trouble was omdat dit met ’n politieke agenda gelei het en nie noodwendig met ’n goeie storie nie.

Daar was ook die ding dat Ruby tydens ’n stunt op die stel vrek seergekry het en ’n noodoperasie moes ondergaan.

Daar is ook gesê dat sy toe net nie met die hectic shooting pace kon voortgaan nie.

Hoe dit ook al sy, daar is aangekondig dat die nuwe lead actress asseblief ’n lid van die LGBTQ+ community moet wees.

En met die pandemie weet niemand wanneer en met wie hulle gaan begin skiet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters