3 maande gelede
Radioman Kieno Kammies maak ’n draai in ‘Arendsvlei’
Opwinding: Die radioman Kieno Kammies maak Dinsdag ’n lekker gasverskyning in Arensdvlei.  ~ Verskaf

ONS gaan Kieno Kammies dié week in die Vlei sien.

Die radiopersoonlikheid is baie opgewonde om ’n gasverskyning, as homself, in kykNET se gewilde sepie Arensdvlei te maak.

“Die Arensdvlei-span is ongeloof­like mense. Ek werk die afgelope 20 jaar in radio en televisie, en een ding wat ek van dié span kan sê, is hulle is plat op die aarde.”

Show

Kieno, wat die tydgleuf van 09:00 tot 12:00 by Cape Talk behartig, vertel die oorskakeling van radio – waar daar gewoonlik geen kameras is nie – na televisie het aanvanklik aan sy senuwees geknaag.

“Die eerste 15 tot 20 minute was senutergend. Dit is my eerste keer op stel, behalwe natuurlik my eie show wat ek op kykNET gehad het.

“Maar met die ongelooflike, nederige span van Arensdvlei het dit baie maklik geword om eintlik op televisie te wees.”

Hy beloof verder dat daar verrassings op die kykers wag.

“Julle kan uitsien na twists en turns en emosies.”

Die episode saam met Kieno sal Dinsdag op die kassie wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters