4 maande gelede
Marques defend sy verhouding
Eers Tjommies: Marques Houston (38) sê hy en Miya (19) het eers romanties en intiem begin raak ná haar 18de verjaardag.  ~ Instagram

MARQUES Houston (38) sê hy het net mooi niks om weg te steek as dit kom by sy 19-jarige verloofde, Miya Dickey, nie.

Ek sien E! Online berig Twitter het hierdie week omtrént gegons oor die verlowing van die ster van Sister, Sister aan ’n meisie wat amper 20 jaar jonger as hy is.

Mense het toe begin wonder of die akteur se verhouding saam met die jong meisie dalk begin het toe sy nog minderjarig was.

Een persoon op Twitter het gevra: “Kan iemand asseblief verduidelik hoekom ’n 38-jarige geezer verloof is aan ’n 19-jarige meisie?

“Hoe lank het hy die meisie geken voordat sy 18 was?”

Marques het toe sy verhouding saam met die meisie verdedig.

Hy het op Instagram gesê dat hy Miya al van 2018 af ken, maar hulle het tjommies gebly tot en met sy 18 geword het.

Hy sê: “Ons het verlief geword en toe het ons in Maart verlede jaar verloof geraak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters