4 maande gelede
Jou Top-35 vir Mej. SA onthul

DIE top-35 wat gaan meeding om die gesogte Mej. Suid-Afrika-kroon te verower, is bekendgemaak.

Die vier beoordelaars wat die top-35 uit 2 500 aansoeke gekies het, is die voormalige Mej. Suid-Afrika-wenners Liesl Laurie (2015), dr. Adè van Heerden (2017) en Bokang Montjane-Tshabalala (2010), sowel as die radio- en TV-persoonlikheid Anele Mdoda.

Die vier het 35 deelnemers gekies wat die diversiteit en uniekheid van ons Suid-Afrikaanse vroue verteenwoordig. 

Hier is die top-35-finaliste:

  • Anarzade Omar (21) is van Johannesburg-Suid in Gauteng.
  • Anica Myburgh (27) is van Bethlehem in die Vrystaat, maar sy woon tans in Robertson.
  • Aphelele Mbiyo (24) is van Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
  • Busisiwe Mmotla (27) is van Soweto in Gauteng­.
  • Carla Peters (20) het in Bethelsdorp in Port Elizabeth grootgeword, maar bly tans in Muizenberg in Kaapstad.
  • Chantelle Pretorius (24) is van Pretoria, maar sy toer gereeld en werk as model in Europa.
  • Gabriella Koopman (23) is van Sandton in Gauteng.
  • Jamie Lee Harris (24) is oorspronklik van die Bluff in Durban, KwaZulu-Natal, maar woon tans in Johannesburg.
  • Jordan van der Vyver (24) bly in Durbanville in die Kaap.
  • Kadija Makhanya (23) is oorspronklik van Umlazi in KwaZulu-Natal, maar bly tans in Kaapstad.
  • Karabo Legodi (21) is van Soweto in Gauteng.
  • Karishma Ramdev (25) het grootgeword in Chatsworth, KwaZulu-Natal, maar het Pretoria toe getrek.
  • Kayla Neilson (27) is van Meredale in Johannesburg.
  • Kea Mokorotlo (21) is van Bloemfontein in die Vrystaat.
  • Lebogang Mahlangu (24) het grootgeword in Soshanguve in Pretoria, maar woon tans in Umhlanga in KwaZulu-Natal.
  • Lerato Manoko Malatji (25) bly in Orange Farm, Gauteng.
  • Lerato Siko (24) kom van Potchefstroom in Noordwes.
  • Lesedi Phala (24) is van Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, maar studeer tans in die Vrystaat.
  • Lindokuhle Mvango (24) is oorspronklik van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, maar bly tans in George­ in die Wes-Kaap.
  • Luvé Meyer (23) kom van Brackenfell in die Kaap.
  • Matsepo Si­thole (21) is van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.
  • Melissa Nayimuli (24) het grootgeword in Butterworth in die Oos-Kaap, maar bly nou in Sunninghill, Johannesburg.
  • Melvarene Theron (25) is van Eldoradopark in Gauteng.
  • Natasha Joubert (22) kom van Centurion in Gauteng.
  • Nicole Wilmans (25) is van Stellenbosch in die Wes-Kaap. Tans is sy nog besig met haar honneursgraad in modeontwerp.
  • Nkosazana Sibobosi (24) kom van Khayelitsha in Kaapstad.
  • Olin-Shae de la Cruz (26) is van Claremont in Kaapstad, maar bly tans in Bryanston, Johannesburg.
  • Olorato Major (24) is van Warrenton in die Noord-Kaap, maar woon tans in Midrand, Gauteng.
  • Palesa Keswa (23) is van Sasolburg in die Vrystaat.
  • Savannah Schutzler (24) kom van Durban, maar woon tans in Rondebosch in Kaapstad.
  • Sherry Wang (25) is van Sunninghill, Johannesburg.
  • Shevon Pereira (23) is van Johannesburg in Gauteng.
  • Shudufhadzo Musida (23) is oorspronklik van Ha-Masia in Venda, maar bly nou in Johannesburg.
  • Stacy Gossayn (23) is van Viljoenskroon in die Vrystaat.
  • Thato Mosehle (25) is van Stilfontein in Noordwes.

Uit die 35 finaliste gaan die top-16 binnekort aangekondig word.

Olin-Shae De La Cruz
Natasha Joubert
Nkosazana Sibobosi
finalis: Jamie Lee Harris is in die top-35 vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. foto’s verskaf

Hou duim vas vir jou gunsteling!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters