4 maande gelede
Jamie swéét vir Mike-Rol
Bou spiere: Jamie Foxx werk hard aan sy lyf vir sy hoofrol in die Mike Tyson biopic.  ~ GETTY IMAGES

ONS sal hom binnekort Iron Jamie moet noem.

Die sanger en akteur Jamie Foxx is besig om lekker op te bulk vir sy nuwe movie: In ’n biopic vertolk hy die rol van die bokskampioen Mike Tyson (53).

Die 52-jarige Jamie het tydens ’n Instagram Live-reeks gesê selfs ná sy Oscar-bekroonde vertolking van Ray Charles in Ray is hy steeds baie versigtig as dit by biopics kom.

“Kyk, om biographies te doen, is ’n moeilike ding.

“Soms vat dit 20 jaar om dit te doen, maar ons het nou amptelik die bal aan die rol gesit.”

Jamie sê hy hoop mense is gereed daarvoor om die omstrede Mike in ’n nuwe lig te sien.

“Ons wil wys hoe almal ontwikkel.

“Ek dink almal van oud tot jonk sal die man (Mike) se journey verstaan.”

Die akteur verduidelik dit is harde werk om sy lyf te kry om soos Mike s’n te lyk.

“Ek moet elke tweede dag oefen.

“My roetine sluit 60 pull-ups, 60 dips en 100 push-ups in.”

Jamie het ook grappig erken dat hy moontlik ’n bietjie hulp met sy onderlyf sal makeer.

“Ek het geen kuitspiere nie. Ons gaan dalk net prosthetics daarvoor moet kry.”

En al daai tatoes, Jamie? Hoe gaan julle dit regkry?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters