3 maande gelede
Grapkas Schalk en sy skalkse span is terug
OPPIE KASSIE: Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout begin weer môre.  ~ Foto Verskaf

ONS kan van môre af weer na die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout kyk.

Die show word môreaand om 20:30 op kykNET uitgesaai. Die skreeusnaakse komediant Schalk Bezuidenhout is die aanbieder.

Dis reeds die derde seisoen van dié satiriese nuusprogram. Daarin word gekyk na wat die afgelope week in die wêreld gebeur het – en nie een heilige koei word onaangeraak gelaat nie.

Schalk sal soos voorheen met bekendes, media-figure en selfs familie praat om ’n alternatiewe blik op die nuus te kry.

Sy kamerade Bibi Slippers en Erns Grundling is ook terug, en die nuwe korrespondente is Bennie Fourie en Alfred Adriaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters