3 maande gelede
Gerug druk Jada in hoek
EGPAAR: Jada Pinkett Smith en Will Smith sĂȘ die jolgerugte is vals.  ~ 

URE nadat die sanger August Alsina die ganse wêreld vertel het van sy beweerde verhouding met Will Smith se vrou, Jada Pinkett Smith, het sy die gerugte ontken.

Ek het julle mos vroeër in die week vertel August (27) het verklap hy en antie Jada (48) het ’n jare lange verhouding gehad en dat oom Will (51) daarvan geweet en dit goedgekeur het.

Maar Jada het bitter vinnig via haar reps gesê August praat deur sy nek.

Nou lyk dit of die ma van Jaden (21) en Willow (19) Smith haar vinnige ontkenning wil terugtrek, want sy het laat dié week getwiet sy wil op haar Facebook-kletsprogram, Red Table Talk,oor die aangeleentheid praat.

Toegewy

“Daar is genesing wat moet plaasvind. So ek bring myself na die Red Table.”

Dít was nadat August in diepte vertel het hoe lief hy vir Jada geraak het.

“Ek het haar eerlik en baie, baie diep kom liefkry.

“Ek het myself aan die verhouding toegewy, ek het my volle self gegee, soveel so dat as ek nou sterf, ek oukei sal wees met die wete dat ek myself eerlik aan iemand gegee het.”

August was baie geraak toe antie Jada ontken dat hulle ’n verhouding aangehad het.

“Ek is nie oukei daarmee dat my karakter bevraagteken word nie,” het hy laat hoor.

“Daar is so baie mense wat my die side-eye gee.

“Ek het geld, vriendskappe en verhoudings daardeur verloor. Ek dink dit is oor mense nie die waarheid weet nie.

Ek kyk nie graag Red Table Talk nie, maar ek gaan beslis inskakel om Jada se kant te hoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters