DAAR is vir almal ietsie om te kyk op M-Net se nuwe tydelike kanaal, M-Net Binge.
M-Net en MultiChoice het die kanaal gelaunch sodat ons tydens die 21 dae lange lockdown kan besig bly deur ons favourite HBO shows te kyk.
DStv Premium- en Compact Plus-intekenaars kan dié pop-up channel op kanaal 114 vind.
Kykers sal bekroonde reekse, interessante dokkies en oorspronklike HBO-films kan geniet.
Die weeklikse skedule vir die kanaal is mooi uitgesoek en gekategoriseer sodat ’n mens Maandag tot Vrydag elke dag in dieselfde tydgleuf na dieselfde reeks kan kyk.
Hier is van die lekker shows wat jy kan kyk:
) Band of Brothers
Maandae tot Vrydae om 20:00.
) Game of Thrones
Maandae tot Vrydae, 21:00 en 22:00 (twee episodes).
) Six Feet Under
Maandae tot Vrydae 23:00.
) The Night Of
Saterdae 23:00.
) His Dark Materials
Sondae 19:00.
) Succession
Sondae, 20:00 en 21:00 (twee episodes).