2 maande gelede
Fans bring op ’n cool manier hulde aan snaakse karakter
Nuwe lied: Rico White, Boeta Sallies en Nadeem Parker het die song “Sy Naam is Boeta Sallies” bekend gestel. foto verskaf  ~ 

TJEK net hoe stiek die boeta dié keer uit ...

Daar is nou ’n song uit oor die gewilde sosiale-media-karakter Boeta Sallies!

Die Nuwe Groove Station, wat bestaan uit Rico White en Nadeem Parker, het die song “Sy Naam is Boeta Sallies” bekendgestel.

Rico het die song geskryf. Nadeem het dit in die Jazzitup Studios in Bonteheuwel vervaardig.

Rico sê: “Ek en Nadeem is van die grootste aanhangers van Boeta Sallies. Ons geniet sy video’s geweldig baie.

“Ons het besluit om met dié song erkenning te gee aan hom.

“Die song gaan oor hoe funny Boeta Sallies werklik is en die beat klop lekker. Hy feature ook in die song en musiekvideo.”

Uitgereik

Die song sal binnekort op Distrokid beskikbaar wees. Belangstellendes kan dit daar download.

Die musiekvideo is ook klaar geskiet. Dit sal binnekort op YouTube gelaai word én op Boeta Sallies se Facebook- en Instagram blad. Die song gaan ook op CD uitgereik word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters