3 maande gelede
DJ laat geld instroom
OPPIE DECKS: Justin Persent, oftewel DJ FeezoL, laat mense dans terwyl hy geld insamel.  ~ Foto Verskaf

DIE talentvolle Justin Persent, oftewel, DJ FeezoL doen groot dinge in sy gemeenskap.

Terwyl baie klub-DJ’s sonder ’n inkomste sit weens die Covid-19-inperking laat dié Bolandse DJ hom nie onderkry nie.

DJ FeezoL het Maandag ’n live-stream show op sy Facebook-blad gehou waar hy sy aanhangers gevra het vir ’n klein donasie. Binne ’n paar minute het 1 400 ingeskakel en hy het ’n bedrag van R1 500 gehad. Met hierdie geld kon hy toe in die basiese behoeftes van vier gesinne voorsien.

Die DJ sê sy gemeenskap het hom baie ondersteun in sy musiekloopbaan en hy wil terugploeg om dankie te sê.

Deurbraak

Sy musiekloopbaan het begin toe hy in 2014 aan ’n DJ-kompetisie by ’n plaaslike klub in sy tuisdorp, Ceres, deelgeneem het.

Dit was ook sy eerste optrede in ’n klub. Daarna het hy sy groot deurbraak gemaak en gereeld by Club Haze in sy tuisdorp begin speel.

Hy vertel daar gaan nou weekliks ’n live-stream show op sy Facebook-blad gehou word om geld in te samel sodat hy sy gemeenskap kan help.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters