4 maande gelede
Biebers wil dokter aanvat
nee: Justin Bieber en sy vrou, Hailey, wil ’n dokter sue, want die ou sê daar is snywerk aan haar gesig gedoen.Foto: harpersbazaar.com  ~ 

JUSTIN Bieber en sy vrou, Hailey, wil die sewe soorte dinges uit die “TikTok surgeon” uit sue.

Ja, volgens E! News wil hulle dr. Daniel Barrett aanvat. Want dié couple sê die plastic surgeon het Hailey se “naam en beeld” gebruik om sy praktyk te promote – en dít terwyl hy sommer lekker vals stories oor die girl versprei het.

Hulle sê ook die ou het boonop Justin se song “Sorry” gebruik sonder copyright.

Daar is mos ’n video van die goeie dokter op TikTok waar hy twee foto’s van Hailey wat ’n paar jaar uitmekaar geneem is, so bietjie uitmekaartrek.

Hy verwys na die model se neus en sê dat dit fisies onmoontlik só kon verander sonder so ’n bietjie hulp van ’n ou soos hy.

Barrett glo die girl het skin tightening, jawline contouring, werk aan haar ken en sommer ook fillers in haar lippe en wange gekry.

Verduidelik

Maar Hailey het teruggekap dat sy nog nooit aan haar gesig laat sny het nie. En sy sê ook die liewe dokter moenie ’n foto van haar waar sy 13 is vergelyk met een van haar op 23 wat “crazy” ge-edit is nie.

Hulle het hom ook gevra om sy aantygings in die openbaar terug te trek, maar die ou het dit nie gedoen nie.

Hy het aan E!News verduidelik dat die rede vir sy TikTok account is om plastiese chirurgie meer transparent te maak en mense ’n bietjie wys te maak.

Die snydokter het al soortgelyke video’s oor Khloé Kardashian en Jennifer Lopez gemaak­. So smerig op soveel vlakke ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters