3 maande gelede
Awareness oor Khoi-kultuur en -erfenis
groot deurbraak: Rochey Walter wil met sy brand bewusmaking skep oor die Khoi-kultuur en -erfenis. foto verskaf  ~ 

ROCHEY Walters van Humansdorp het vyf jaar gelede die Khoi Kulcha-beweging begin om ’n verskil in sy gemeenskap te probeer maak.

“Dit was ’n lang pad met baie uitdagings. Soms was dit swaar en moeilik, maar ander tye is daar groot vreugde wanneer jy sien jou droom word ’n werklikheid.”

Rochey vertel hy het ’n groot deurbraak met sy brand Khoi Kulcha gemaak. Ons kan nou van sy produkte, soos T-hemde, hoodies, veldskoene en rooibostee aanlyn koop.

“In lockdown het ek ook geleer dat jy moet ruimte skep en jouself leer om te alle tye te verbeter,” vertel hy.

“By Khoi Kulcha is ons diep dankbaar om aan te kondig dat ons produk nou gekoop kan word by die aanlyn diens takealot.com.”

Rochey vertel die doel agter die brand is om bewusmaking te skep oor die Khoi-kultuur en -erfenis.

“Ons het drie jaar gelede aansoek gedoen en uiteindelik het daar lig gekom. Ons gee ál die eer aan God daarvoor.

“Ons groot droom om ons produkte wêreldwyd te versprei, is nou ’n werklikheid.”

Die gedrewe sakeman sê hy wil sy gemeenskap met sy brand en storie inspireer.

“Ons wil die verskil in die gemeenskap wees,” het hy bygevoeg.

“Hierdie is vir ons ’n groot deurbraak en dít tydens lockdown. So, daar kan ook iets goeds gebeur as jy jou gedagtes in ’n positiewe rigting instuur.

“Daar het nou lig gekom, so moet nooit ophou droom nie. Alles is moontlik as jy net glo.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters