2 jaar gelede
Depressie: Jy het talle options
praat: Ondersteuningsgroepe is ’n goeie manier om onderskraging en advies te kry. foto verskaf  ~ 

DEPRESSIE is een van die mees behandelbare geestesiektes en 8 uit 10 mense word heeltemal genees.

Jy moet vir ’n volledige mediese ondersoek gaan om seker te maak daar is geen ander mediese oorsake vir jou gemoedstoestand nie.

Anti-depressante

Ag uit tien mense met depressie sal herstel met die gebruik van anti-depressante.

As een medikasie nie vir jou werk nie, probeer ’n ander een. Anti-depressante werk nie vinnig nie – vir die meeste mense neem dit 2-3 weke om beter te voel.

Dit is baie belangrik om nie te stop met die medikasie nie. Gee dit ’n kans om te werk.

Die medikasie kan matige newe-effekte veroorsaak soos ’n droë mond, siekte, hoofpyn en duiseligheid. Dit verdwyn binne ’n week of twee.

Moet nooit enige medikasie meng nie – voorgeskrewe medikasie van die hospitaal of apteek met oor-die-toonbankmedikasie of geleende medikasie nie.

Onthou om eers jou dokter te raadpleeg. Sê altyd vir jou dokter as jy swanger is of as jy enige ander siekte het – soos MIV en vigs.

Psigoterapie of praat-terapie

Psigoterapie (of praat- terapie) met ’n sielkundige, maatskaplike werker of berader gee mense die vaardighede om hul siekte en die stres wat dit veroorsaak die hoof te bied.

Ondersteuningsgroepe

Ondersteuningsgroepe is ’n baie goeie manier om onderskraging en advies te verkry van mense met ’n soortgelyke probleem.

Hulle weet hoe jy voel, want hulle het ook al dieselfde gevoel.

Ondersteuningsgroepe word gereël deur pasiënte as ’n veilige plek waar jy ervarings en hulp kan deel.

Bel Sadag by 0800 2051 21 vir kontakte in jou area.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters