2 jaar gelede
Depressie: Dit manifesteer op verskillende wyses
moedeloos: As jy aan depressie ly, kan jy sukkel om te konsentreer.foto verskaf  ~ 

VOLGENS sadag.org sal nie almal wat depressief of manies voorkom elk van die onderstaande simptome hê nie. Party mense ervaar net ’n paar simptome, terwyl ander weer meer simptome sal wys.

Tekens van depressie:

  • voel die meeste van die tyd hartseer of voel angstig, of leeg;
  • gevoelens van hopeloosheid oor die lewe;
  • gevoelens van skuld, of ’n hulpelose gevoel;
  • stel nie meer belang in stokperdjies en aktiwiteite wat tevore geniet is nie;
  • word vroeg soggens wakker, of slaap te veel;
  • gewigsverlies as gevolg van min eet of gewigstoename as gevolg van te veel eet;
  • Minder energie as gewoonlik, moeg die hele tyd, “vertraagde” aktiwiteite;
  • Gedagtes van die dood of selfmoord, selfmoordpogings;
  • rusteloosheid, prikkelbaarheid of woede;
  • sukkel om te konsentreer, geheueprobleme, sukkel om besluite te neem; en
  • fisieke simptome wat nie reageer op behandeling soos hoofpyn, maagpyn, rugpyn, pyn op die bors nie, selfs as dit deur ’n dokter behandel word.

Oorsake van depressie

Depressie het baie moontlike oorsake en word dikwels veroorsaak deur verskillende faktore. Soms kan ’n spesifieke geval lei tot depressie, ander kere kom depressie voor vir geen spesifieke rede nie, selfs by mense wie se lewe goed verloop.

Enkele moontlike redes sluit in: Eksterne gebeurtenisse:

Die opbreek van ’n verhouding, ’n traumatiese gebeurtenis, finansiële sorge, eensaamheid, regsprobleme, afdanking en hartseer kan alles tot depressie lei.

Familiegeskiedenis: Nabye familie wat dalk depressie gehad het, beteken soms dat jy meer geneig is om ook depressief te wees. Daar word ook geglo dat depressie veroorsaak kan word deur ’n wanbalans van breinchemikalieë.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters