2 jaar gelede
Swart bly wen
Bebe Rexha het geskitter in haar elegante rok met die silwer afwerking. Foto’s: Getty images  ~ 

’N SWART rok sal net nooit uit die mode gaan nie.

Dit was heel duidelik te sien by dié jaar se American Music Awards wat Dinsdag in Los Angeles gehou is.

Die meeste vroue het gegaan vir ’n klassieke swart rok met bykomstighede wat skrik vir niks.

As jy dalk ’n wedding het waarna jy moet gaan of volgende jaar in matriek is, gaan dit wys wees om een van dié swart nommertjies as inspirasie te gebruik. 

sexy: Mariah Carey weet ’ndeursigtige, figure-hugging swart rok bly ’n wenner.
wys vel: Heidi Klum lyk eg vroulik in haar swart valletjiesrok.
sassy: Ciara gee haar LBD ’n lekker casual, funky twist.
eina-rokkie: Chantel Jeffries­ se kurwes peul by haar LBD uit.
Bebe Rexha het geskitter in haar elegante rok met die silwer afwerking. Foto’s: Getty images
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters