3 jaar gelede
Gedruk vir somer
Dié sjiek tweestuk met die palmmotief is by MRP te kry. Foto: MELINDA STUURMAN  ~ 

NÓG twee trends wat dié somer gaan kook, is die tropical print en die blommotief.

Die prints lyk veral goed saam met wit, veral vir diegene wat nie braaf genoeg is om heeltemal in die helder motiewe getooi te wees nie.

In die onlangse New Yorkse Modeweek het ’n hele paar ontwerpers, insluitend Fenty Puma, Baja en Michael Kors, gebruik gemaak van tropiese en palm prints.

Die gewilde brand Gucci het ook in die modeweek in Parys in tropiese motiewe geblom.

Ons het ’n paar items by plaaslike kettingwinkels gaan soek wat jou sak pas.

tropies: Kry ’n kimono met blommotief by The Fix vir R300. Foto: THEFIX.COM
Dié sjiek tweestuk met die palmmotief is by MRP te kry. Foto: MELINDA STUURMAN
blomme: Die broek is by The Fix vir R250.Foto: THEFIX.COM
voor die voet: Dié strappy skoene met ’n blok-hakke kos R180 by mrp.com.
Slip-ons: Kry dié skoene by mrp.com vir R230.
koel: Dié culotte-eenstuk is by mrp.com teen R140.
kleurryk: Kry dié tropiese toppie vir R140 by mrp.com.
op sy kop: Beskerm jou oë met die keppie van mrp.com vir R60.Foto’S: MRP.COM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters