3 jaar gelede
Blazers is veelsydig
Lekker aandjie uit: Jy sal skitter in hemelhoë hakke met ’n eenvoudige broek en jou blazer. fotoverskaf  ~ 

AS JY nie weet wat om te dra nie en jy moet vinnig êrens heen gaan, is ’n blazer altyd die antwoord.

Maak nie saak of jy na ’n larney event of net ’n uitstappie na die mall gaan nie, die blazer bly jou beste vriend. Maar dit hang natuurlik af van hoe jy dit accessorise.

As jy gaan inpop by die mall, kan jy jou blazer dra met ’n jean, ’n informele T-shirt en ’n paar sneakers. Of jy kan dit met ’n sexy A-line-rompie dra.

En as jy ’n date met jou bokkie het, kan jy jou blazer dra met tapered pants of ’n paar jeans. Dra dan ’n vroulike lace-toppie onder aan en moenie jou blazer toeknoop nie.

As jy die ultimate slay queen wil wees, maak jou blazer statement met over-the-knee boots. 

laat koppe draai: Dra jou blazer met kniehoogte-stewels.Foto verskaf
informeel: Dié flatform van MRP (R229,99) sal oulik lyk met ’n blazer en ’n romp.
Check: Hierdie blazer van MRP kos R229,99.Foto’s:mrp.com
cute: Dra hierdie tekkies van MRP vir ’n lekker comfy look. Dié oulike tekkies kos R299,99.
strepe: Dié baadjie is R249,99 by MRP.
Lekker aandjie uit: Jy sal skitter in hemelhoë hakke met ’n eenvoudige broek en jou blazer. fotoverskaf
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters