7 maande gelede
Nazeem se ponytail bevat soveel leed en sy slap oë ...
Sy karakter, Nazeem, het van Johannesburg na die K
Nazeem besig met sy skelmstreke.  ~ Foto Verskaf

DIE twee glibberige slange wat hulself mense noem, het dit nou uiteindelik reggekry om  Zoë en Wade se verhouding te laat mang!

Bridgette behoort haar te skaam. Ek is so op van die vrou wat nie haar neus uit ander se sake kan hou nie! Hoekom loop vat sy nie vir haar ’n man wat haar kan besig hou nie?

Ek is lus en stuur die rowwe antie hier om die draai by my om haar ’n taai klap te gee!  Hoe slaap hierdie vrou snags? Sy slaap nie!

Sy lê en beraam planne soos watse heks en dan spring sy vroegmôre saam met die hoenders op om haar slinksheid uit te voer!

Sy het heel waarskynlik ’n onderskeiding in lelike maniere in matriek gekry. Dit glo ek met my halwe hart!

Ek verstaan nie hoekom die vroumens nie by ’n koor aansluit of tot bekering wil kom nie. Sy’s so moedswillig soos my susterskind wat haar elke drie minute neergooi oor ’n lekker!

Ek het nie meer raad nie. Die vroumens se siel is so vrot soos daai appels waarmee ’n mens die varke voer. Ek is klaar!

Daai Tim-skepsel wil ek in die hande kry en met ’n glas koue water in die gesig skiet!

Hy’s so skelm soos jakkals toe hy daai morning die boer se botter gesteel en wolf geblameer het. Hy’s so afsydig soos iemand wat deur ’n kat of ’n bangmaak-ding grootgemaak is.

Hy troos kamtig Zoë. Kaantie wil hy in haar beursie spring op soek na daai nulle, want ons almal weet mos as Bridgette haar trippie sandkombers toe vat, dan klop die till!

Die vrou wat Justin so ge-catfish het, is darem nou vir jou katjie van die baan en die ou simple klong swem net saam met die stroompie. Hy raak verlief oor naamwoorde, g’n mens kan dit hou nie!

Kan iemand asseblief net sy ma roep, ek wil met haar gesels oor hoe sy hom grootgemaak het! Stuur haar WhatsApp-nommer vir my!
Die manier hoe dié lawwe mense met die lewe speel, peul daar een van die dae ’n kleintjie uit.

Verder suip Bennie hom dronk aan Nazeem se whiskey, genade.

Met Nazeem wil ek niks te doen hê nie. As ek hom net sien, gril ek vir punte! Daai ponytail bevat soveel leed en moenie van daai slap oë praat nie – hier broei vir jou net gemors uit.

Ek wil nie by wees as iemand binnekort in ’n wit kis lê nie. Ek hardloop sewe klowe deur!

Die Ryan-ventjie is net so rou. Almal in die stuk is rou! Niemand het ordentlikheid van ’n dag oud nie, behalwe miskien Mrs J op ’n sonskyndag.

Dié klonkie speel met die leeu se ballas en ek hang aan ’n tak want as daai leeu gaan hap, julle, dan is daar k*k! Daar is min genade vir die goddeloses.

Die pyn van ’n moeder is ongeneesbaar. Die tekort aan mooi maniere is die rede dat ons in mekaar se gesigte spoeg en kerm oor ’n tien rand. Dis die samelewing en dis ons se skuld!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters