3 maande gelede
Daar vlieg Zoe Jozi toe om op Joy te gaan spioeneer
Skoolfoto's
Lauren Joseph. Foto: Instagram.  ~ 

HULLE klap mos vir Zoe dat sy met haar mond hand in die sy staan!

Julle, ek val amper van die bank af toe Joy daai muffins so laat vlieg!

Dit gebeur mos as jy met ’n bosrot mors! Jou wange sal verjaar, ou pellie!

Ek dink nie Zoe het weer aan die slaap geraak ná dit nie – en dít deur ’n man wat sy gelos het!

Wade beter sy storie ken en weet waarmee hy deurmekaar raak.

Hierdie meisie is so wild soos 10 hiënas. Ek wil nie by wees die dag as sy hom gaan hiet en gebied nie... Niggie is al klaar so manipulerend.

Hou maar jou broekie aan, Wade, ek ken hierdie soort mense!

Tim is nie eens verlief op Zoe nie, maar hy wil gif spoeg as sy met Wade praat!

Hierdie klong is soos ’n geitjie wat koud kry – beur in jou warm huis in vir hul eie gewin!

Maar skelm se vet brand uit. Hy moet weet, as daai vet van hom begin brand, sal ál wat ’n vark is in die Kaap jaloers word!

Daar vlieg Zoe Jozi toe om op Joy te gaan spioeneer.

Is dít wat ’n man aan ’n mens doen? Dat jy jou sente spandeer om iemand anders naar te maak?

Nooit, ek het my geldjies hopeloos te lief om te gaan krap in iemand anders se slaai!

Bly maar nou by Tim. Jy wil mos die droë stukke van die hoender proe en die sappige tjoppies vir die hond gooi!

Leer uit jou lesse. Die lewe is te kort om aspris te lewe!

Weet jou ma hoe jy jou gedra? Gee my haar nommer – laat ek haar sommer sê!

Hoe herstel ’n mens ná twee dae van ’n kopoperasie? Ty loop in daai huis in asof hy nou ’n helse paartie met vrot wyn wil gooi!

Haai, hoe doen jy dit? Jy was drie dae terug amper onder die sandkombers, maar nou is jy katjie van watse baan? Hierdie mense is besig om ons oë toe te draai en ons is te vaak om dit op te let!

Hoekom doen ons dit aan onsself? Ons moet ook leer om beter te lewe en mekaar te respekteer!

Bridgette is nou terug van daai ver plek af om dinge te kom versuur.

Ek kan sommer sien dié vroumens is daarop uit om weer dinge te kom wim maak! Haar gedrag verbaas my niks ... Ek het niks om hierdie week van haar te sê nie; ek wag dat sy ordentlik ontdooi!

Ween

Rhafiek en Carmen se moeilikheid is amper so groot soos die moeilikheid van Amerika. As ’n mens regte keuses maak, dan sien die Man van Bo dit en seën ons soveel so dat ons dans. Maar dan is hier mense wat kans sien om ander mense in die see te smyt!

Hierdie tipe gedrag maak my die angstigste in die Wes-Kaap en laat my saans lê en ween! My hele gemoedstoestand is geaffekteer deur hierdie spul mense!

Waar is my bloeddrukpil?

Wag, ons skinder weer lekker volgende week!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters