2 maande gelede
Daar raak Steve en Wendy se tonge in ’n toesig-geveg betrokke
arendsvlei
Steve Mortlock en Wendy Newman in 'n toneel uit Arendsvlei  ~ 

TERWYL daar talle baby deddies is wat gaan melk koop het, staan Steve Mortlock innie Vlei gereed om te trou.

Hy het skaars die DNS-uitslae gekry dat Debra sy kind is, of Steve en Wendy se tonge gaan in ’n toesig-geveg.

Kyk, as hierdie twee nou vir jou ’n item moet wees, dan gee hulle ’n nuwe betekenis aan power couple.

Wendy was laas nog so vryerig met Emile, maar vandat hy innie four corners lê, soek sy maar nes Steve na ’n bietjie liefde.

Steve is weer skaars ’n pa of hy sit al klaar albei sy voete dwars en gedra hom soos ’n regte deddie en gee vir sy dogter raad om nie op alle connections te reageer nie.

Die man is reg, daar is baie connections wat net ’n swak sein is en ’n miss call behoort te wees.

Janice sal weer haar woorde moet tel. As sy moet weet dis David se moordenaar, sal sy nie vir Wendy sê: “Oor my dooie liggaam” nie.

Gelukkig hoef Janice nie te worry dat daar ’n tent vir die Newmans in haar braaikamer of yard opgeslaan gaan word nie. Wendy het mos daai posh Plattekloof-huis.

Ons verdien tog om te weet waarom die first lady vannie Vlei so teen die takke skop. Die Mortlocks en Newmans is hoenders van eenderse vere; hulle is maar net die teenoorgestelde kante van dieselfde muntstuk.

Luke het net niks tyd vir Claudia en haar interventions, of vir Debra en haar moods nie. Hy is net “what you see, is what you get”.

Claudia is nie happy oor die aunty-bestie-gedagte nie, maar het glad nie niggie-bestie verwag nie.

Sy het die spanning ook omtrént uit Lee-Roy se nek gedruk. Dié mable kort nou skoons ’n ordentike massage voordat hy op sy blind date met ’n dzaddy gaan. Vir ’n bietjie aksie moet dit Woelag wees.

By die skool word die leerders weer omtrént deur Beatrice ingedoen. Sy praat die kinders so bang oor dwelms, hulle wil nou nie eens ’n sigaret rook nie. Dis nou ook as hulle van die wettige tipe in die hande kan kry.

Daniel word toe deur ’n joernalis ge-interview wat nie deur Wendy omgekoop is nie, maar steeds baie verdag lyk. Hy en Beattie swyg toe ook oor waar Ma Laetitia nou is.

Net hulle weet wanneer dit ’n staatsgeheim geword het. Was die doel van die artikel nie om die positiewe van Daniel se verhaal en die pyplewe te vertel nie?

Intussen sit Zane nou in die einste pyp en dít met ’n plastieksakkie oor sy kop.

Dis nou hoe die sokkerspeler-klong leer dat daar nog jongens innie lewe is wat wragtag nie “nee” vir ’n antwoord vat nie en ook dat hy met immediate effek die waarheid moet praat.

Daniel het die pyp oorleef ... Ons kan maar net hoop Zane sal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters