4 dae gelede
Zozi kies ook nuwe Mej. SA
OP PANEEL: Zozibini Tunzi keer terug na Suid-Afrika om die Mej. Suid-Arika-deelnemers te beoordeel.  ~ Foto Verskaf

ONSE Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, kom huis toe om later dié maand ons volgende Mej. Suid-Afrika te kies.

Die Mej. Suid-Afrika Organisasie het dié week bekend gemaak wie die beoordelaars is wat onse Mej. Suid-Afrika gaan kies.

Die paneel bestaan net uit vroue en sluit in van Mzansi se mees gerespekteerde en invloedryke persoonlikhede.

Agting

Op die paneel saam met onse Zozi is die uitvoerende hoof van Standard Bank en Mej. Suid-Afrika 1996, Peggy-Sue Khumalo, die bekroonde TV-en-radiopersoonlikheid Anele Mdoda en die aktrise en entrepreneur Leandie du Randt. ’n Vyfde judge word later aangekondig.

Zozi sê sy het groot agting vir die vroue wat die kompetisie saam met haar gaan beoordeel.

Sy sê: “Ek was ’n jaar gelede ’n deelnemer op dié verhoog en ek het die vroue op die judging-paneel bewonder.

Hulp

“Ek het persoonlike ondervinding van die werk waarvoor die meisies aansoek doen.

“Ek is opgewonde om te sien hoe my ervaring van hulp gaan wees op die paneel.

“Een vrou se lewe gaan verander en ek is ’n lid van die paneel wat dit moontlik gaan maak.

“Ek is senuagtig, maar meestal humbled en opgewonde.”

En presies waarvoor gaan Mej. Heelal soek in ’n nuwe Mej. Suid-Afrika?

Sy sê: “Daar is baie aspekte om voor uit te kyk, maar ek gaan hoofsaaklik soek vir iemand met rou egtheid.

“Ek gaan nie soek vir volmaaktheid of morele reinheid nie.

“Ek soek iemand met ’n stem en aura wat almal om haar gerus laat voel as hulle met haar in aanraking kom, want sy gaan met baie mense in aanraking kom deur die jaar.”

Die kompetisie word op 24 Oktober regstreeks op M-Net en Mzansi Magic uitgesaai.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters