2 maande gelede
Zandile kry kans in film
Maak moves: Zandile Lujabe het ’n rol in Netflix se nuwe film African Americanlosgeslaan. Foto: instagram  ~ 

NEE kyk, ons plaaslike akteurs is mos besig om Hollywood oor te neem!

Die aktrise Zandile Lujabe het een van die hoofrolle in Netflix se nuwe film African American losgeslaan. Die vermaakjoernalis Phil Kgopolo Mphela het dié nuus getwiet.

“Die voormalige Isidingo- en Ayeye-ster speel in ’n nuwe film wat deur Muzi Mthembu geregisseer word. Phumelele Mthembu, Thami Buti en Makhosazana Ndlovu is ook in African American te sien.”

Die verhaal handel oor ’n jong vrou met die naam Nompumelelo wat by die Julliard-musiekskool aanvaar word. Sy verduister geld by haar werkplek, los haar verloofde in Suid-Afrika soos ’n warm patat en tjaila na Amerika om haar Broadway-droom in die stad New York uit te leef.

Liefde

Sy ontdek dan Amerika is nie so verwelkomend soos sy gedag het nie. Maar sy leer ook oor ware liefde, geluk en burgerskap.

Zandile is een van ’n groeiende lys Suid-Afrikaanse akteurs wat naam maak in Amerika. Thuso Mbedu, Nomzamo Mbatha en Connie Chiume is van die ander wat tans in Amerika werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters