9 dae gelede
Ye soek sy Kim terug
FAMILIE: Ye is reg om sy gesin – Kim Kardashian en hul vier kinders – terug te wen.  ~ Foto Verskaf

YE IS skielik vasbeslote om sy vervreemde vrou, Kim Kardashian-West, se hart terug te wen.

E! berig die die 44-jarige rapper, voorheen bekend as Kanye West, wil graag sy verhouding met sy vrou en hul vier pragtige kinders herstel, veral omdat dit binnekort Kersfees is. En newwermaaind dat sy vrou tans die komediant Pete Davidson (28) date.

“Nou is die tyd om families te herstel. Ek het so geseënd gevoel om wakker te skrik, te oefen, na my huis te ry en my vrou en kinders te sien.

“Ja, dit is reg. Ek het gesê my vrou en my kinders. Ek wil hê almal moet vir my familie bid,” spin Ye.

Foute

Dit lyk asof Ye nog lank nie afgesien het van Kim nie, al het die twee vroeër in die jaar bevestig dat hulle gaan skei.

Hy het bygevoeg hy besef hy het foute in sy huwelik gemaak, maar hy is nou reg vir verandering.

“God wil hê jy moet sien dat alles vergoed kan word.

“Ons het amal foute gemaak. Ek het foute gemaak.

“Ek het openlik dinge gedoen wat nie aanvaarbaar is vir ’n man nie, maar ek is hier om dit te verander.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters