15 dae gelede
Worship saam op Paassondag
BIED HOOP: Cheswyn Ruiters gaan ook optree in Son se aanlyn konsert Resurrection Sunday: We Will Rise.  ~ Foto Verskaf

“ONS gaan ’n bietjie van alles gee tydens Resurrec­tion Sunday.”

Só belowe die eerste wenner van Maak My Famous, Cheswyn Ruiters.

Dié talentvolle sanger is een van die kunstenaars wat gaan optree in jou gunsteling-koerant se spesiale Paassondag-konsert Resurrection Sunday: We Will Rise op 4 April.

Die ander kunstenaar wat saam met Cheswyn gaan optree, is die briljante sangeres Elwira Standili van Idols SA-faam.

Die “A Reason”-sanger sê Paasnaweek lê hom baie na aan die hart.

Genees

“Dis die belangrikste tyd. Dit is die herdenking van die kruisiging van Jesus Christus, wat aan die kruis gesterwe het vir my en jou sondes.”

Hy verduidelik watter tipe ervaring ons in die aanlyn konsert kan verwag.

“Ons gaan worship, ons gaan koortjies doen en mense op ’n musical journey vat met die musiek waarmee ek grootgeword het. Musiek het die manier om mense te genees en hoop te bied.

“Minder mense woon in dié tyd kerk by, so, ons bring die kerk na jou toe.”

Moenie dié vuurwarm gospelkonsert Sondag misloop nie.

Jy sal moet gou spring en jou kaartjie teen R70 op Quicket koop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters