7 dae gelede
Wayne spot oor nuwe normaal
GRAPJAS: Wayne McKay se nuwe vertoning, The New Normal, is binnekort in die Mesopotamia-restaurant te sien.  ~ Jonathan Lestrade

JULLE móét net die Kaapse komediant Wayne McKay by sy nuwe eenman-vertoning, The New Normal, uitcheck.

Die grapjas gaan ons mooitjies verduidelik hoekom 2020 glad nie twenty plenty was nie. Hy beloof hy gaan ons laat lag oor hoe hy gesukkel het om Zoom-vergaderings te bemeester en hoe om met ’n masker op te bestuur.

Skenk

Die show vind op 27 November by die Mesopotamia-restaurant in die Kaapse middestad plaas. Dis geleë by 36 Burg-straat (op die hoek van Kortmarkstraat).

Komedieliefhebbers is in vir ’n groot treat, want die show bied ’n volle uur van lekkerlag-vermaak.

McKay bied The New Normal aan in samewerking met die Kankervereniging van Suid-Afrika.

Jy word vriendelik gevra om by die show geld aan dié verdienste­like organisasie te skenk.

Weens Covid-19-regulasies is die kaartjies beperk. Om jou kaartjie te bespreek, kontak 071 877 0440. Kaartjies kos R150.

As jy nog nie uit jou huis wil gaan nie, kan jy steeds die show aanlyn stream. Kaartjies om die show aanlyn te kyk, kos R65 en is by quicket.co.za beskikbaar.

Kom lag saam – by jou huis of in die gehoor.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters