12 dae gelede
Walters vat ’n kans en beweeg uit gemaksone
HARDE WERK: Anthony Walters het in die sesde plek geëindig in die Puma Classic-kompetisie.  ~ Foto Verskaf

“EK HET myself in ’n gemaksone bevind ...”

Die model en Mnr. SA 2020-finalis en laboratoriumtegnikus Anthony Walters (24) van Mitchells Plain het een oggend net besluit om ’n nuwe uitdaging aan te gryp.

Walters vertel hy het gesien mense is besig om voor te berei vir iets groots en hy het besluit om deel daarvan te word.

Hy het toe ingeskryf vir die Puma Classic-liggaamsboukompetisie.

“Binne tien weke van intense voorbereiding het ek besluit om deel te neem aan die Puma Classic. Ek het in 6de plek geëindig,” sê hy.

“Dit was ’n ongelooflike reis, al het ek nie eerste plek gekry nie.

“Ek het nooit kon dink ek sal op so ’n verhoog staan nie, maar met harde werk en toewyding kom sukses.”

Walters het ’n spesiale boodskap vir die jong mense van onse land.

Betrokke

“Ek wil die jeug inspireer. Jy hoef nie ’n slagoffer van jou omstandighede te wees nie, want daar is geen verskonings nie.

“Bly weg van dwelms en bendes en raak betrokke by positiewe organisasies waar jy ’n verskil kan maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters