15 dae gelede
Vurige konsert ten bate van sopkombuis
sing: Larnelle Horne is een van die gaskunstenaars wat in Healing Worship Experience gaan optree.  ~ 

CECILIA Noble (80) van Pacaltsdorp bedryf haar sopkombuis al jare uit haar eie sak in haar gemeenskap en elke jaar sit haar Krismispaartie ’n glimlag op die kinders se gesiggies.

Deur die dag knyp sy tyd af om haar geliefde Son-koerant daagliks te lees om op hoogte te bly van wat in die wêreld aangaan.

Ingevoer

Om geld in te samel en seker te maak die kinderhartjies word vanjaar weer bly gemaak, word ’n vurige gospelkonsert, Healing Worship Experience, in Pacaltsdorp gehou.

Van die kunstenaars wat gaan optree, word spesiaal vanuit die Kaap ingevoer om hiervan ’n onvergeetlike en genesende musiekkonsert te maak.

Van die kunstenaars wat gaan optree, is Jessie Lottering, Siya Dikana, Germaine Legend, Elsimio Smit (Dimmy) en Larnelle Horne.

Die MC is die komediant Quinton Manuels, ook heelpad van Kraaifontein.

Die vertoning vind plaas op Sondag 21 November om 16:00 by Eagle’s Nest in Pacaltsdorp. Die kaartjies kos R100 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Alle Covid-19-regulasies sal gehoorsaam word. Moet dus asseblief nie jou masker by die huis los nie.

Vir meer inligting oor die geleentheid of kaartjieverkope, kontak 083 431 6053.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters