Verlede maand
Vrou express haar oor Kat

HOEWEL Katlego Maboe Donderdag in sy persverklaring ontken het hy het sy vervreemde partner aangerand, het sy in ’n onderhoud volgehou hy het haar wel fisiek aangerand.

Monique Muller, die ma van dié TV-man se kind, sê in ’n trailer van haar onderhoud met die radiopersoonlikheid Tarryn Kay Trussell van Louw, oftewel TK, dat Maboe haar meer as een keer aangerand het.

“Toe die eerste fisieke aanval gebeur het, het ek ’n beskermingsbevel teen hom gekry.”

Sy vertel emosioneel verder: “Alles wat hierdie man aan my gedoen het, laat die wêreld hom toe om nog verder aan my te doen.”

In die kort clip vertel sy verder dat Maboe ’n baie goeie derra is.

“Hy is ’n f*kk*n wonder­like pa vir ons seun.

“Ek sal hom altyd daarvoor gerespekteer.”

Muller het ook gesê Maboe het haar ’n seksueel oordraagbare siekte gegee.

Maboe het laat Donderdagaand in ’n verklaring gesê hy het nog nooit sy hande vir sy vrou gelig nie.

Sy verklaring lui: “In die lig van comments wat gemaak word, wil ek net noem dat ek nooit my partner abuse het nie.”

Uitgelek

Intussen het die ontbytprogram Expresso Morning Show Maboe vir eers van die lug afgehaal.

In ’n persverklaring het die SABC3-oggendprogram gesê hy gaan nou ’n interne ondersoek begin.

“Sulke ernstige bewerings is in die sosiale media oor Katlego gepost en gisteraand (Donderdagaand) het ’n video uitgelek waarin hy erken dat hy sy partner verneuk het.

“Ons is ingelig dat ’n regsproses aan die gang is.

“Totdat hierdie saak klaar ondersoek en die uitkoms daarvan bekend gemaak is, gaan Katlego nie op die Expresso Morning Show verskyn nie.”

Die versekeringsmaatskappy Outsurance, vir wie Maboe ’n ambassadeur is, het ook Vrydag bekend gemaak dat hy Maboe so gou hy kan, gaan verwyder van alle reklamemateriaal waarin hy verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters