16 dae gelede
Vreemde ou sal verras
ENIGMA: Kykers wonder wie die geheimsinnige man in Arendsvlei is.  ~ Foto Verskaf

ONS sien mos alles. So, ons het vir julle gaan uitvind presies wie die aantreklike man is wat Beatrice so byna uit die grond gehardloop het in die gewilde telenovela Arendsvlei.

Ons het onlangs gepraat met die akteur Clayton Evertson. Hy vertolk die rol van Jake Sylvester, die geheimsinnige man wat saam met Beatrice (gespeel deur Jolene Martin) op ’n oord in die natuur is.

Die akteur (34) sê sy karakter in Arendsvlei is ’n enigma.

“Jake is ’n baie mysterious ou. Jy sal hom net sien as hy wil hê jy moet hom sien.

“Sy lewe is baie kompleks, maar hy verkies dit so.”

Ons weet natuurlik onse Beatty se hart is vir ’n tweede keer in stukke, maar gaan die nuwe aantreklike vreemdeling die stukke van haar hart weer bymekaarbring?

“Ek kan nie te veel sê nie. Wat ek wel kan sê, is nie net help Jake vir Beatrice nie, Beatrice help vir Jake ook.

“Ek is seker kykers wil hê arme Beatrice moet gelukkig wees, maar ek dink vir nou wil hulle eers hê sy moet heal.”

Evertson wei ’n bietjie uit oor sy karakter: “Mense gaan verbaas wees soos inligting uitkom. Jake is ’n baie mysterious ou. Jy weet nooit wanneer of waar hy sal opdaag nie.

“Hy het ’n lewe gekies wat baie confined is.”

Julle, ons sal maar voor die kassie moet uitvind hoekom Jake ook daar by die oord beland het ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters