13 dae gelede
Vrede-beat klop lekker
MAAK SONG
MAAK SONG: Nadeem Parker (links) Rico White is die lede van die Nuwe Groove Station. SKERMGREPE  ~ Foto Verskaf

“STOP the violence, treat our women with respect, don’t abuse our children!”

Dít is die boodskap wat die Nuwe Groove Station wil tuisbring met hul nuutste song, “The Bonteheuwel Peace Anthem”.

Die musiekvideo van dié song is klaar baie gewild in sosiale netwerke.

Idee

Die Nuwe Groove Station bestaan uit die sangers Rico White en Nadeem Parker van Bonteheuwel. Die groep is byna drie jaar gelede op die been gebring. Hulle sing songs vol lekker humor.

Rico sê oor hul nuwe song: “Dit was my idee, en ek en Nadeem het saamgewerk aan die beat, lirieke en die vervaardiging daarvan.

“Dit is in die Jazzitup-studio hier in Bonteheuwel vervaardig. Selfs die bekende Theo Watt feature ook op die song.

“Die doel van die song is om die boodskap van vrede oor te dra aan die mense van Bonteheuwel, want die violence en gang shootings stop dan nie! Ek dink toe ons benodig ’n song soos dié.

WALKING LADIES
SKEP BEWUSMAING: The Walking Ladies march op die beat van “The Bonteheuwel Peace Anthem”. Foto Verskaf

“Ons het ons eie mense hier van die Bonteheuwel by die musiekvideo betrek. Mense march mos gewoonlik vir vrede.

“Dis toe ek gedink het dat mense moet dans/march op die beat van die song.

“Daai ‘Jerusalema’-danspassies was die idee van The Walking Ladies – ’n groep wat staan vir peace hier innie Bontas.

“Selfs pastoor John Marks van Bonteheuwel en die DA-raadslid van Bonteheuwel, Angus McKenzie, deel hul peace messages­ op die song. Maar die song het niks te doen met die politiek nie.”

Motiveer

McKenzie sê: “Die song is goed ontvang in die sosiale media. Oral op die Kaapse Vlakte hou mense van musiek.

“Dít gee ons daardie platform om die gemeenskappe te motiveer om nie moed op te gee nie.

“Ons sal die oorlog teen gangsterism en geweld wen. Ons wil die jong mense verseker dat hulle beter opsies het as dít.”

Die beat van die song klop lekker en gaan ook op die Nuwe Groove Station se debuutalbum wees wat binnekort uitgereik word.

Die video is beskikbaar op Facebook en YouTube.

Die song kan op iTunes, Amazon, TikTok, Spotify en Google Play gekry word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters