Verlede maand
Vind só uit wat jou dier van jou dink
PRAAT: Dierepratersbegin vanaand 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).  ~ Foto Verskaf

VANAAND begin die diere in ’n nuwe reeks praat!

Die aanbieder van Dierepraters is Daniah de Villiers, ’n aktrise en diereregteaktivis. Hettie Richter, ’n dierekommunikeerder, sal haar bystaan.

In elke episode sal daar met spesialiste in hul onderskeie velde gepraat word.

Kykers sal leer hoe om te sien wat huisdiere en wilde diere dink en hoekom hulle reageer soos hulle reageer.

Ons moes natuurlik ook op dié bandwagon spring. Een van ons verslaggewers, Astrid Februarie, het toegelaat dat Hettie met Roxy, haar hondjie, praat. Astrid sê die ervaring was vir haar betekenisvol.

Vreemd

“Roxy is ’n wit, fluffy poppie met ’n cheeky streek. My troeteldier is nou 15 jaar oud, of 105 in hondejare. So, sy het al alles gesien, gehoor en saam met my en my familie ervaar.

“Dit was nie ’n groot surprise toe Hettie alles wat Roxy met haar gedeel het aan my oordra nie, maar dit was wel vreemd.”

Astrid sê dat Roxy ook ’n paar dinge gedeel het wat net hulle gesin weet.

“Vir my was die beste deel om uit te vind dat Roxy tog vir ons so baie liefhet soos wat ons haar liefhet.

“Roxy het ook met Hettie gedeel dat ons mooi na haar kyk en dat sy baie daarvan hou om by ons te sit as ons TV kyk.”

Daar het julle dit! Dit lyk asof dié dierepraat-besigheid werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters