13 dae gelede
Vier konserte is klassieke fees
OPPIE VERHOOG: Lynelle Kenned sing in die produksie Misshapen Pearls.  ~ Foto Verskaf

LIEFHEBBERS van klassieke musiek kan nog tot 30 November die vier konserte sien wat as deel van die Klassique Baroque-fees aanlyn aangebied word.

Die vier konserte is deel van ’n konsertreeks wat Klein Karoo Klassique en die Kaapstadse Barokfees met ondersteuning van die Rupert-Musiekstigting opgeneem het.

Die vier konserte in die reeks is:

  • Misshapen Pearls met Lynelle Kenned (sopraan), Ralitza Macheva (barokviool), Refiloe Olifant (barokviool) en Erik Dippenaar (klavesimbel).

’n Opwindende program wat op die sterk kontraste in Barokmusiek fokus, asook die improvisasie-aspek van musiek uit dié tydperk.

  • Haydn in London met lede van Camerata Tinta Barocca – Liesl Stoltz (dwarsfluit), Refiloe Olifant (eerste viool), Bonolo Kgaile (tweede viool), Lynn Rudolph (altviool), Cheryl de Havilland (tjello), Erik Dippenaar (klavesimbel) en Mariechen Meyer (kontrabas). Joseph Haydn se Sur­prise Symphony word uitgevoer, soos deur Johann Peter Salomon verwerk vir kamermusiek-ensemble.
  • Histoire du Tango met die Zomari Duo – Bridget Rennie-Salonen (dwarsfluit) en James Grace (kitaar).

’n Uiteenlopende uitvoering van opwindende musiek vir dwarsfluit en kitaar uit Suid-Amerika. Die program gebruik die ikoniese werk van Astor Piazzolla as vertrekpunt.

  • Kaartjies vir dié uitvoerings is tot 30 November by Quicket beskikbaar teen R100 per uitvoering. Of bespreek ’n pakket vir ál vier uit­voerings teen R300.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters