14 dae gelede
Verrassing vir fans
VERRASSINGSBESOEK Stella van kykNET loer by die kanaal se grootste fans in.  ~ Foto Verskaf

DIE grootste kykNET-aanhangers gaan binnekort self op die kassie pryk.

In Maart het kykNET se borrelende kykNET-persoonlikheid Stella ­gevra: “Wie is die kanaal se grootste aanhangers? Daardie persoon wat ­kyk­NET kyk, luister en leef. Die super-fans.”

Daar was inskrywings van heinde en verre. ­Uiteindelik is 10 mense vir ’n kykNET-ervaring soos min gekies.

Stella en die span het in die pad geval en van Springs tot Gqeberha en van Bloemfontein tot Saldanhabaai gereis om dié tien super fans te ontmoet.

Om die belewenis nóg meer spesiaal te maak, het ’n paar kykNET-persoonlikhede saam gereis.

Verrassingsbesoeke

Die persoonlikhede is Getroud met Rugby se Stephanie Baartman, Mooi Maak Met Clare se Clare Wiese-Wentzel, Binne­landers se Hykie Berg, Glam Guru se Hannon Bothma, Leef Jou Reis se Gerrie Pretorius, die sangeres en aanbieder Leah, Getroud met Rugby se Sean van Noordwyk, Suidooster se Irshaad Ally, Stella (Deoudoné van der Merwe) en Brendon Daniels van onder meer Sara se Geheim en Arendsvlei.

Die 10 kykNET-aanhangers wat besoek word, is Ingrid Hermann, Cintanya Deyzel, Christine du Preez, Roxanne Frans, Nellie Uys, Matt Bronkhorst, Esta Biddulph, Raymond Evertse, Wilna Rossouw en Layla Bester.

Die verrassingsbesoeke word vanaf 26 April tot 28 Junie as insette van 90 sekondes elk tussen programme uitgesaai.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters