9 dae gelede
Vermaak nie opgelock
KYK DIT: Die nuwe Fiela Se Kind is op Showmax te sien.  ~ Foto Verskaf

DIS weer back to basics sedert pres. Cyril Ramaphosa ons in ’n aangepaste level 3 geplaas het. Maar moenie bekommerd wees nie; Showmax sal jou entertain.

Die stroomdiens het sewe plaaslike produksies wat jou vasgenael voor die kassie gaan hou.

Die movie Moffie handel oor ’n jong dienspligtige wat sukkel om tydens apartheid in Suid-Afrika te oorleef terwyl hy ook sukkel om sy seksualiteit te aanvaar. Hy raak verlief op iemand wat saam met hom in die weermag is – en dít in ’n tyd waarin homoseksualiteit as bisar beskou is.

Fiela Se Kind is ’n emosiebelaaide drama oor ’n bruin vrou wat ’n wit seuntjie inneem en soos haar eie grootmaak.

Maar nege jaar later vat ’n familie wat beweer hy is hul verlore seun, hom terug om saam met hulle in die Knysna-woud te woon.

Fiela het haar seun verloor en sy word depressief, want die mishandeling wat sy van die gereg en Benjamin se nuwe pa ervaar, maak haar moedeloos. Maar sy gee nooit op nie.

Dié movie is ’n verwerking van Dalene Matthee se bekroonde gelyknamige roman.

Grammy-wenner

En dan is daar Lebo M – Coming Home.

Nie baie ken sy naam nie, maar miljoene ken sy stem vanuit die The Lion King movie.

Die Grammy-wenner kom na ons skerm met sy nuwe realiteitsprogram oor sy loopbaan en gesinslewe.

Noughts + Crosses is ’n alternatiewe geskiedenis-reeks wat handel oor diskriminasie en verdrukking. Dit is n mengsel van drama, riller en romanse.

Die reeks speel af in die 21ste eeu en dit handel oor die Crosses – die swart mense – wat in beheer is van die Noughts – die wit mense.

’n Groot gedeelte van die reeks is in Kaapstad geskiet.

The Letter Reader het laas jaar ’n Safta gewen vir die beste kortfilm.

Oudpres. Thabo Mbeki se lewensverhaal is die inspirasie vir die kortfilm.

Afgebyt

Knuckle City is ’n boxing movie wat handel oor ’n ageing beroepsbokser en sy misdadiger-broer wat een laaste shot vat om sukses te behaal.

Hulle het egter meer afgebyt as wat hulle kan kou.

Knuckle City het by laas jaar se Safta-toekennings die meeste pryse gewen.

In die misdaaddrama The Ghost and the House of Truth is daar ’n toegewyde berader wat sessies reël vir versoening tussen misdadigers en die slagoffers van hul misdade.

Maar toe die berader se eie dogter vermis raak, word sy getoets.

Sal sy dit regkry om self te kan vergewe? Die fliek is in Nigerië geskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters