16 dae gelede
Veels geluk, Mama Jones
OUERS: Minnie Dlamini-Jones en Quinton Jones se seuntjie is gebore.  ~ Instagram

WELKOM aan baba Jones!

Jip, die TV-persoonlikheid Minnie Dlamini-Jones en haar hubby, Quinton Jones, se eersteling, Netha Makhosini Jones­, is gebore.

Die nuwe mammie het almal opgewonde gemaak oor haar seuntjie. Vir haar swangerskap-journey het sy #BecomingMamaJones gebruik en sy is ook bederf met nie net een of twee baby showers nie, maar sommer drié!

Die ster het vroeg gisteroggend ’n foto van haar pragtige seuntjie gedeel.

Saam met die foto, waarop net die kleine Netha se handjies en mond sigbaar is, skryf die trotse mamma: “Ons koning is nou hier. Welkom, Netha Makhosini Jones­.”

Geluk, julle!

PRAGTIG: Netha Makhosini Jones se oulike handjies en mondjie is sigbaar. Foto: Instagram

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters