5 dae gelede
Van 5FM na ons kassies
Geluk! Wesley Gabriels het pas ’n nuwe job op die program PSL Now op SuperSport gescore.  ~ Verskaf

HIERDIE jaar skop op ’n hoë noot af vir die uitmuntende 5FM-sportaanbieder Wesley Gabriels. Hy het pas ’n nuwe job by SuperSport gescore.

Die 25-jarige mediaman van Stellenbosch is een van die aanbieders vir die program PSL Now, waar sokkerliefhebbers die nuutste nuus in die sokkerwêreld kan kry.

“Ek is heeltemal verheug om deel van die show te wees. Dit is sowaar ’n droom wat waar geword het.

“Ek is verskriklik passievol oor die sportuitsaaibedryf. Ek is so gelukkig oor die nuwe hoofstuk,” vertel Wesley opgewonde.

Geleentheid

Hy verduidelik ook dat fans hulle moet regmaak om alles in en rondom sokker op die show te sien.

Dié nuwe geleentheid kom nadat Wesley in April die radiostasie 5FM se naweek-sportaanbieder geword het.

Hy het Kaapstad twee jaar gelede verlaat en na Johannesburg verhuis.

Wesley bied sport op 5FM se gewilde naweekontbytprogram 5 Xtra Loud Mornings aan, wat Saterdae en Sondae tussen 07:00 en 10:00 landwyd uitgesaai word. Hy hoop sy loopbaan sal nog verder groei en dat hy sal aanhou leer.

“Ek het steeds ’n lang lys van goed wat ek wil aftick, maar ek is baie dankbaar om op dié fenomenale platforms met Suid-Afrika te kan connect.”

Die PSL Now-program is weekdae 13:00 op SuperSport PSL (kanaal 202) te sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters