9 dae gelede
Tyler bring Madea terug
LAG LEKKER: Ons gaan in 2022 bederf word met ’n nuwe Madea movie.  ~ Foto Verskaf

HELLUUUUUUUR! Madea is terug!

Die akteur, sakeman en filmmaker Tyler Perry (51) gaan sy ikoniese karakter uit retirement bring vir ’n Netflix movie.

Dis nadat Tyler in 2019, toe hy A Madea Family Funeral uitgereik het, gesê het hy glo Madea se tyd is oor en hy gaan nie nog ’n Madea-fliek maak nie.

“Ek wil nie háár ouderdom wees en steeds haar rol speel nie. So, dit was tyd om dit af te sluit en aan te beweeg,” het Tyler toe gesê.

Nou beplan die vervaardiger ’n 12de installment van sy gewilde Madea-franchise. Die fliek heet A Madea Homecoming en gaan glo volgende jaar op Netflix uitgereik word.

Hierdie movie gaan natuurlik geskiet word by Tyler se verskriklike groot Tyler Perry Studios in Atlanta, waar die filmmaker die meeste van sy projekte verfilm.

Die eerste keer toe ons die reguit, snaakse en flambojante Madea ontmoet het, was in 1999 in die play I Can Do Bad All By Myself.

Wat dink julle? Is dit ’n goeie idee om Madea terug te bring?

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters