8 dae gelede
Trudie hou al asem op
NUUT OPPIE KASSIE: Trudy van Rooy vertolk die van Mandri in Slot.  ~ Foto Verskaf

“MANDRI is desperaat. Sy het al alles probeer. Hierdie is haar laaste hoop en sy is braaf genoeg om ’n stap in die onbekende in te vat om van haar trauma te genees.”

Só stel die pragtige Trudy van Rooy (33), van Cloetesville in Stellenbosch, haar karakter Mandri Howard in kykNET se nuwe reeks Slot voor.

Dié nuwe riller-reeks in vyf aflewerings begin môreaand 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Die, reeks is binne drie weke in Hopefield aan die Weskus geskiet en handel oor ’n briljante en gerekende psigiater wat ’n terapie ontwikkel waarmee sy haar pasiënte se onderbewussyn onmiddellik kan binnedring.

Trudy verduidelik haar karakter is ook op soek na sielkundige genesing.

“Mandri kom op die plaas aan waar drie ander pasiënte ook genesing kom soek.

“Sy het ’n persoonlike tragedie ervaar en dit het haar lewe inmekaar laat val.

“Dis vier normale mense met groot traumas dié.

“Mandri is gereed vir genesing. Vir haar familie en vir haarself.”

Trudy, wat haar graad in teater en uitvoering aan die universiteit van Kaapstad voltooi het, verduidelik hoekom ons nie dié riller-reeks moet misloop nie.

“Hierdie reeks eksperimenteer met die diepe psige van die mens. Dit vat jou op ’n reis waar jy ontdek wat in jou onderbewussyn lê en die nagevolge daarvan.

Sjampanje

“Elke karakter gaan deur trauma waarmee die kykers dalk kan relate. Dit sal nie net simpatie by die kykers ontlok nie, maar ook empatie. Jy sal saam met die karakters voel.”

Trudy se sy kan nie wag om die reeks saam met haar familie te kyk nie.

“Nee, kyk, ons sit al gereed met die sjampanje. Ek kan nie wag om te sien hoe die reeks ontvou nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters