10 dae gelede
KYK | ‘Troukoors’ se lokprent aan’t brand
aktrise Ilse-Lee van Niekerk speel in die rom-com-reeks Troukoors.  ~ Verskaf

GAAN loer na die lokprent vir Troukoors, Showmax Original se eerste Afrikaanse rom-com series, wat gister uitgereik is. Die reeks van 14 episodes is op 13 Desember beskikbaar.

Troukoors is deur die Safta-wenner Louis Pretorius en Safta-benoemde Albert Snyman van Infinity Films, geskep. Nina Swart behartig die regie.

Dié kreatiewe duo is ook verantwoordelik vir topreekse soos Die Boekklub en Fynskrif.

Die reeks beloof om soos die gewilde Amerikaanse reekse Younger of The Bold Type te wees. Dit speel teen die agtergrond van die prag en romanse van die Kaapse troubedryf af.

Candice Fangueiro, inhoudshoof by Showmax, verklap: “Troukoors is soos goeie sjampanje – lig en borrelend met ’n neiging om mense se stoute kant na vore te bring.”

Flankeer

Ilse-Lee van Niekerk (Getroud Met Rugby, 4 Mure, Die Boekklub) speel Jessica, ’n troubeplanner wat deur liefde omring is, maar sukkel om dit vir haarself te vind.

Die voormalige kinderster Blyde Smit (Erfsondes, 7de Laan) speel Jessica se suster, Luca, ’n sagteware-ingenieur wat meer vlot in Klingon as flankeer is.

Die Fleur du Cap-benoemde Bianca Flanders (Nêrens, Noord-Kaap, Address Unknown) is Jessica se biseksuele­ bestie en professionele bakker, Abi.

Die Safta-wenner Kevin Smith (Skemerdans) is Abi se pa (en Luca se baas), met Melt Sieberhagen (Proesstraat) as sy kêrel.

Die lokprent gee ons ook ons eerste blik op die drie besties se liefdesbelangstellings hierdie seisoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters